Wouter se Watergat

2015-08-27 06:01

VANDAT ons die Watergat heropen het, vra alhoe meer van ons klante dat minstens een van die grootskerm-tv’s nie op ‘n sportkanaal ingestel moet wees nie, maar wel op een van die internasionale nuuskanale. Dis nou deur die verloop van ‘n normale dag, wanneer iemand inkom vir ‘n skuimkop of twee, en sport kyk, maar dan elke nou en dan uitvind wat elders in die wereld aangaan.

Een van die internasionale nuus-besprekingspunte op die oomblik is die Amerikaanse biljoener-fenomeen met die naam Donald Trump en ‘n kuif wat lyk soos ‘n eekhoring se nes. ‘n Paar van ons het verlede week gesit en kyk na ‘n onderhoud met Trump deur een van CNN se gesoute joernaliste … wat ‘n openbaring. Ek het die man nooit ernstig opgeneem nie, maar hierdie onderhoud het bewys waarom hy kort op die hakke van Hillary Clinton op die gewildheidsleer is. Myns insiens is hy so gewild omdat hy verwoord wat miljoene Amerikaners oor kontensieuse, irriterende sake dink. Hy is nie skaam om te erken hy vertel mense, maak nie saak wie dit is nie, kaal- (dalk kuifkop) die waarheid, en het niemand anders se geld nodig nie: “Let them sue me … if they can match my more than 70-billion dollars, good luck to them.” “No, I don’t own an aircraft. I have my own airline.” Of: “You know what I, as a Protestant, what will tell the Pope? Isis is coming for you.” “‘n Goeie president van Amerika of leier van die Westerse wereld?” Nee wat, die werklikhede van die politiek gaan hom inhaal, maar hoe langer hy in die wedloop bly, hoe meer prêt. Oom Pottie is seker sy grootste bewonderaar, en droom van die dag dat ons ‘n Suid-Afrikaanse Donald Trump van iewers kan optower om ons land “uit die hande van politieke narre te red”. “I wish, I wish,” was my antwoord.

Ewenwel, ek het so lank as moontlik oor Donald Trump geskryf om die onvermydelike so kort as moontllik te hou. Saterdag se nederlaag van die Sharks het betekenis gegee aan die ma van Worsie in die TV-reeks se geweeklaag: “Weet jy wat se pyn het ek deurgemaak? Het jy enige idee?” Dit terwyl Pottie breebors rondloop en wanneer hy ons oog vang van agter sy hand fluister: “Gary se goudvissies.” Dis wanneer ek rottegif in sy bier wil gooi.

Die ligpunt van die week kom van Jakkie de Bod van Roodepoort wat hier op vakansie is. Hy vertel die storie van ‘n pa wat ‘n “lie-detector-robot” koop wat jou klap as jy lieg. Daardie aand aan tafel vra hy vir sy seun: “Waar was jy vandag?” “By die skool Pa.” Whap! Klap die robot hom. “Jy lieg” sê die pa. “Oukei oukei … ek het ‘n DVD gekyk by die huis.” “Watter DVD?” vra pa. “Toy Story 3” sê die seun. Whap!! Klap die robot hom weer. “Oukei oukei” na aan trane sê die seun dit was “porn”. Die pa sê toe vir hom: “Toe ek jou ouderdom was het ek nie eers geweet van ‘porn’ nie..” Whap!! Klap die robot vir pa.

Die ma lag en sê: “ ‘n Mens kan sien hy is jou seun.”

Whap!! Klap die robot die ma!!

Een van die internasionale nuus-besprekingspunte op die oomblik is die Amerikaanse biljoener-fenomeen met die naam Donald Trump en ‘n kuif wat lyk soos ‘n eekhoring se nes. ‘n Paar van ons het verlede week gesit en kyk na ‘n onderhoud met Trump deur een van CNN se gesoute joernaliste … wat ‘n openbaring

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.