Wouter se Watergat

2015-09-17 06:00

TYDENS ‘n stil oomblik laas Vrydagoggend sit Oom Pottie, ekself en twee besoekers uit Gauteng op die Watergat se houtdek en tuur oor die see en dink oor dinge. Een van die besoekers, Jos Behrens van Aucklandpark, se seun werk iewers in die ingewande van die SABC, en sy pa het vertel hoe min die organisasie se werknemers, van alle rasse en politieke oortuigings, dink van die grootbaas Hlaudi Motsoeneng. Trouens, hulle dink hy is ‘n nar. Die rede vir die gesprek was ‘n TV-onderhoud met Motsoeneng waarin hy gevra het dat die nuusmedia minder nuus oor misdaad moet uitsaai, want dit sal kinders leer om misdadigers te word.

Ek het toevallig verlede week ‘n heruitsending gesien van die aktualiteitsprogram waarin Motsoeneng oor die stand van die Suid-Afrikaanse joernalistiek praat. Dit was gou duidelik hierdie hoogsbesoldigde man is eenvoudig onnosel. Syns insiens sit joernaliste deesdae net by hul lessenaars, “steel” stories op die internet, en ignoreer hulle doelbewus “goeie” nuus.

“Waarom moet hul berigte net oor korrupsie handel?”, het hierdie amper komiese orakel verklaar, “daar is tog baie ander positiewe dinge waaroor hulle kan verslag doen.” En toe lug hy bg. mening oor misdaadverslaggewing. G’n wonder die Openbare Beskermer het aanbeveel hy moet afgedank word nie: sy het ook verwys na vele ander redes waarom hy nie geskik vir sy pos is nie. Hy reeds erken hy het net standerd ses geslaag, en is myns insiens die tipiese voorbeeld van waarom ons land in so ‘n groot gemors is … hy is onaantasbaar, omdat Nommer Een en sy minister hom beskerm. Dis om van naar te word.

Rugby? Ons fanatiese Sharks-ondersteuners word deesdae aanhoudend gepynig. Ek wonder hoe al die vorige Sharks-legendes verlede Saterdag op Kingspark gevoel het. Wat gaan aan? As ek John Smit was, sou ek ‘n bekommerde man gewees het. Julle weet wie het dit natuurlik weer staan en invryf … veral toe die Lions die Blou Bulle net daarna onder die stof loop. “Daar is ‘n nuwe standaard in Suid-Afrikaanse rugby,” het Oom Pottie gejubel. “Weet julle waarom het die Bulle vanjaar soveel sukses?

En waarom hulle in die tweede helfte so goed teruggeveg het? Hulle speel Lions-rugby! Goeie rugby. Mooi rugby. Wen-rugby.” Al wat ons kon doen, was sug en nog ‘n teug vat. Enigiets anders as om te erken dat hy reg is.

Voordat hy geloop het, het Jos van Gauteng ons vermaak met die storie van die ysbeertjie en sy ma wat deur die sneeu loop. “Mamma,” vra die beertjie, “kan ek mamma iets vra?” “Wat is dit, my kind,” reageer die ma. “Is ek werklik ‘n ysbeertjie?” “Natuurlik my kind.” Hulle loop nog ‘n entjie. “Is mamma seker ek is ‘n ysbeertjie?” “Ek se mos vir jou, jy is ‘n ysbeertjie.” Hy vra sy ma nog twee keer dieselfde vraag. “Wat is dit met jou?” antwoord die ma-beer, redelik omgekrap, “waarom karring jy so?” Die beertjie kyk op na sy ma en skree: ‘Want ek kry f****n koud, Mamma!”

Ek het toevallig verlede week ‘n heruitsending gesien van die aktualiteitsprogram waarin Motsoeneng oor die stand van die Suid-Afrikaanse joernalistiek praat. Dit was gou duidelik hierdie hoogsbesoldigde man is eenvoudig onnosel. Syns insiens sit joernaliste deesdae net by hul lessenaars, “steel” stories op die internet, en ignoreer hulle doelbewus “goeie” nuus

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.