AfriForum Margate kies nuwe bestuur

2016-11-17 06:01
 Wessel Pretorius is herkies as die voorsitter van AfriForum Margate.

Wessel Pretorius is herkies as die voorsitter van AfriForum Margate.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AFRIFORUM Margate het onlangs sy vierde Algemene Jaarvergadering by die Margate-buiteklub gehou, en ‘n nuwe bestuur vir die komende jaar gekies. Uit die voorsitter, Wessel Pretorius, se jaarverslag het dit geblyk dat daar veral agter die skerms gewerk is om die uitdagings aan die Suidkus aan te pak.
Wessel het beklemtoon dit is juis as gevolg van hierdie probleme dat daar ‘n solidariteit onder gemeenskappe ontstaan het, en Afriforum kan ‘n bydrae lewer om te help bou aan ‘n meer positiewe gemeenskap waarin die regte van alle Suid-Afrikaners beskerm word.

Verskeie sake is in die verslag uitgelig, onder meer die volgende:

• Probleme met dienslewering vanweë swak munisipale bestuur en -administrasie.

• Die Ray Nkonyeni-munisipaliteit se traagheid om op te tree teen onwettige elektriese verbindings in Masinenge en Mkholombe, asook die stadige herstel van slaggate.

• Die Ugu-munisipaliteit se onvermoë om met ‘n werkbare plan van aksie vorendag te kom om ‘n nuwe waterpyp-infrastruktuur vir die dorpe te vestig.

• Verskeie besoedelingskwessies, waaronder onwettige storting van huishoudelike, tuin- en bou-afval, en riool wat in die veld en deur die stormwaterstelsel in strome en riviere beland, is gerapporteer. Margate se hoofstrand is nog steeds sy Blouvlag-status kwyt weens die hoë e-colivlakke. Derduisende rande is onlangs bestee om sommige riool- pompstasies te vervang, lui die verslag, sonder dat die werklike probleem opgelos is.

• Die verslag lui voorts tydens die bloudruppeltoetse is vasgestel dat ons drinkwater se gehalte redelik goed is. Dieselfde kan egter nie van die infrastruktuur gesê word nie. Benewens die verouderde infrastruktuur, speel swak instandhouding en onwettige aansluitings ‘n groot rol. Lekkasies is verantwoordelik vir sowat 40% van gesuiwerde water wat verlore gaan. Die syfer is veel hoër in agtergeblewe nedersettings weens swak kommunikasie tussen inwoners en die munisipaliteit.

• Die toename van misdaad aan die Suidkus en veiligheid in die landelike gebiede, is rede tot kommer. Die voorsitter het verklaar AfriForum werk daaraan om al die rolspelers om ‘n tafel te kry om struikelblokke in die weg van gebiedsbeveiliging uit te skakel.

‘n Rede tot kommer is die swak toepassing van munisipale verordeninge deur verkeers-owerhede en die vervolging van gewoonte-misdadigers deur die Polisiediens in Margate. Dwelms en prostitusie is nog steeds ‘n groot uitdaging, hoewel die Saps se dwelm-eenheid groot deurbrake gemaak het.

Die Streek-koördineerder van AfriForum KZN-Noord, Eugene van Aswegen, het verwys na die organisasie se visie vir 2017: “Self doen is beter as niks doen.” Hy het gevra dat die Margate-tak in 2016 meer op selfdoen-aksies fokus om ‘n klimaat te help skep waarin die gemeenskap van die Suidkus voorspoedig, veilig en in vrede kan leef.

Wessel Pretorius het ‘n ernstige beroep op die publiek gedoen om die IDP-vergaderings saam met AfriForum by te woon, en hy het lede daaraan herinner aan die Geloftefees op 16 Desemver op die Ramsgate-strand.

Lede is ook in kennis gestel dat ‘n jeugtak vanjaar begin gaan word: voornemende lede moet tussen 18 en 35 jaar oud wees, en kan gratis aansluit. Die voorsitter het die uittredende bestuurslede bedank vir hul harde werk, en sowel die nuutverkose as herkose lede gelukgewens. Die nuwe bestuur is soos volg: Voorsitter – Wessel Pretorius. Onder-voorsitter: Patrick MCabe. Sekretaresse – Carla Steenkamp. Penningmeester – Chris Swart. Ad hoc-lede: Kuns en kulltuur – Dr. Mike Heaney. Veiligheid – Jaco Jansen van Vuuren en Omgewingsake – John le Roux.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.