Bekookte getuienis?

2016-11-03 06:00

DIE getuienis van ‘n ooggetuie in die hof is dikwels van deurslaggewende belang. Die persoon het die insident wat plaasgevind het eerstehands ervaar. Deesdae word daar egter ook van die sogenaamde “post-event misinformation effect” gepraat.

Dit verwys na die invloed wat gebeure na die tyd op die getuie se weergawe van die insident kon gehad het, soos die media en ander eksterne invloede. Dikwels kan die getuie se weergawe van die insident ook verwring word deurdat hy of sy slegs ‘n gedeelte van die gebeure gesien het.

Natuurlik is daar ook die aspek van bekookte getuienis wat in berekening gebring moet word. Vermoedelik is dit hoekom die Here in Sy wysheid vier getuies in die Bybel gebruik, om ons te vertel van die lewe en sterwe van Jesus Christus, die enigste Verlosser van die wêreld. Hierdie vier getuies is die vier evangeliste, Matteus, Markus, Lukas en Johannes.

Die vier evangeliste (draers van die goeie nuus) deel met ons onder leiding van die Heilige Gees, elk hul unieke weergawe van die Christusgebeure.

Matteus vertel vir die Jode van Jesus. Daarom begin sy geslagsregister by Abraham. Lukas begin sy geslagsregister by Adam, want hy skryf sy evangelie aan ‘n Griek. Markus skryf sy evangelie aan die mense in Rome. Vir hulle vertel hy van die geheim wat tussen mense ingekom het.

Johannes skryf vir mense wat op ‘n dwaalspoor beland het, en dat die wêreld deur die Woord van God ontstaan het.

Soos Ferdinand Deist dit stel: “Ons is maar net getuies-elkeen met sy of haar eie verhaal oor die Man van Nasaret, soos Matteus en Markus en Lukas en Johannes elk sy eie verhaal oor die Man van Nasaret vertel het.

“Die evangelie is nie iets wat ons onthou nie. Die evangelie (goeie nuus) is dat die Man van Nasaret weer mense by God uitbring. Die evangelie is dat die geheim van die weg na God en die Waarheid oor God en die Lewe in God in die Man van Nasaret allemanskennis geword het.”

Dit is nie bekookte getuienis nie. Jy kan dit maar glo.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.