Blou ape: lief hulle of haat hulle

2016-10-27 06:00
Pragtige foto … maar wanneer hulle tuine en vrugtebome verwoes, kos in huise steel en aggressief raak, word hul teenwoordigheid ‘n las.

Pragtige foto … maar wanneer hulle tuine en vrugtebome verwoes, kos in huise steel en aggressief raak, word hul teenwoordigheid ‘n las.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIS redelik veilig om te sê mense hier aan die Suidkus se sienswyse oor Blou-ape is soortgelyk aan die gevoel oor Donald Trump– jy is óf mal oor hom óf jy kan hom nie verdra nie. Oor ‘n tydperk van amper twintig jaar het die uwe deur verskillende stadiums beweeg in verband met Blou-ape: as gevolg van ‘n diep-gewortelde liefde vir diere in die algemeen en die Afrika-natuur was daar ‘n aanvanklike natuurlike affiniteit vir hulle.

Ongelukkig het dit verander - niks teen die ape as skepsels van God nie … hulle is nog steeds oulik, veral die kleintjies, maar as gevolg van mense se misplaasde “liefde”, het hulle niks anders as ‘n pes geword nie.

Die aapbevolking het oor die afgelope aantal jare gegroei omdat daar nie ‘n natuurlike beperking op hul aanwas is nie, want mense voer hulle. Organisasies soos “Monkey Helpline” en “Apes” wys tereg daarop dat Blou-ape beskermde diere is en nie gedood of beseer mag word nie. Dat hulle nie siektes oordra en nie draers van hondsdolheid is nie. Hierdie organisasies beweer ook dat daar nie ‘n “bevolkings-ontploffing” onder blou-ape is nie, en dat hul getalle inderwaarheid afgeneem het.

Dit mag miskien die geval wees oor die hele Suid-Afrika, beslis nie hier by ons nie. Vyftien jaar gelede was die trop wat die Pretoriusse se huis en erf gereeld besoek, meer as die helfte kleiner as deesdae.

Op die oomblik bestaan die trop uit minstens 50 diere van die Alfa-mannetjie en wyfies af reg deur tot ‘n groot groep jonges en baie kleintjies. Waar hulle voorheen baie bedeesd en op hulle plek was, is hulle deesdae ontsettend voor op die wa, ooglopend gewoond aan mense, en skroom nie om by vensters en oop deure in huise in te gaan nie.

Dit gebeur gereeld dat ek ‘n groot mannetjie op my kroeg-toonbank kry waar hy die papegaaikos probeer bykom of die papegaai self gryp. Van die jonges sluip by oop vensters in en help hulleself aan lekkergoed en koekies.

In die tuin buite verwoes hulle die uwe se kruietuin en ander plante, gooi blombakke om en pluk groen avokadopere en wilde papajas van bome af lank voordat hulle ryp is.

Die bure het nog nooit lietsjies van hul bome kon eet nie, want die ape stroop die bome lank voor die vrugte ryp is.

Indien ons hulle wil verjaag, raak hulle aggressief en wil die hond gryp. Voëlkykers en –kundiges sê een van die redes waarom daar so min wilde duifspesies en sekere ander voëlspesies hier is, is omdat die ape hul eiers en kleintjies opvreet. Kortom, blou-ape is van die mees destruktiewe diere wat daar is.

Dus: daar is by my geen twyfel nie dat die ape hier aan die Suidkus ‘n probleem geword het is omdat hulle gevoer word deur mense wat van beter behoort te weet. Hulle is dus nie afhanklik van die natuurlike voedselvoorraad nie, en die oues en krankes leef dus langer as wat hul moes omdat hulle gevoer word.

Dis ook ‘n bekende feit dat die wyfies baie vrugbaarder is wanneer hulle onbeperkte toegang tot kos het.

Die pro-aapmense gee ‘n hele rits aanbevelings wat jy alles moet doen om met hulle oor die weg te kom, van gaasdraad voor die huisvensters tot die gebruik van waterpistole om hulle onder beheer te hou.

Hierdie raad en hul argument dat “die ape voor ons hier was”, en ons hulle moet verdra, is nonsens. Soos met enige ander diere wat saam met mense in sekere gebiede moet bly, moet hul getalle beheer word. Vra maar enige wildboer.

Ape moet nie gevoer word nie, en hulle moet gereeld wetenskaplik uitgedun word tot aanvaarbare getalle.

Totdat dit gedoen word, pas ek my eie beheermaatreëls toe. Die effektiefste tot dusver is ‘n albaster uit ‘n kettie in die ribbes van die Alfa-mannetjie of een van die senior wyfies.

Ek weet dis onwettig, maar dit werk. Daar is geen blywende skade nie en ons sien die trop dan vir somtyds drie tot vier dae nie weer nie. En ek het vrede in my gemoed.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.