Con Engelbrecht – motor-entoesias in murg en been

2016-10-20 06:00
Con Engelbrecht by die 1951 Bentley, een van die spogmotors in die vertoonlokaal van Classic Cars and Motor Cycles in Margate. Foto: johan pretorius

Con Engelbrecht by die 1951 Bentley, een van die spogmotors in die vertoonlokaal van Classic Cars and Motor Cycles in Margate. Foto: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR is min mense hier aan die Suidkus wat nie vir Con Engelbrecht (73) ken nie. Eers vir meer as dertig jaar as ‘n versekeringsmakelaar, en nou as een van die drie vennote wat die onderneming Classic Cars and Motorcycles in Margate bedryf.

Hy is ‘n onbeskaamde “petrol head” (klink beter in Engels), en kan land en sand gesels oor alles wat vier of twee wiele het. Of selfs masjiene sonder wiele. Tussen die veteraan-motors en motorfietse lyk hy so tuis as wat kan kom, en sy passie vir enigiets wat met klassieke voertuie te doen het, straal uit hom.

Engelbrecht het in 1980 uit Witbank na die Suidkus verhuis, nadat hy in Pretoria in die skone kunste gestudeer het.

“Ek het besluit ek sal die geld daarmee maak nie, en omdat ek toe reeds ‘n groot motor-entoesias was, het ek eers as assessor en toe vyf jaar lank in Marine and Trade se versekeringseise-afdeling gewerk. Ek wou egter met alle geweld uit Witbank wegkom want dis nie ‘n lekker plek nie, en het hierheen verhuis.”

Hier het hy ‘n versekeringsmakelaar geword, en was in hierdie bedryf by dieselfde maatskappy totdat hy vyf jaar gelede afgetree het.

“Solank as wat ek kan onthou, was ek ‘n motor- en motorfiets-entoesias. Ek het in my jong dae plakboeke saamgestel, en oor die jare heen letterlik duisende motor- en motorfiets-tydskrifte gelees. Nou nog lees ek enigiets oor hierdie onderwerp wat ek in die hande kan kry.”

Drie jaar gelede het ‘n ander super-motorentoesias en oud-handelaar, Rod Kinsey, as die hoof-aandeelhouer met Engelbrecht en Ken Sink as vennote die onderneming Classic Cars and Motorcycles begin in ‘n vertoonkamer wat voorheen deel van die destydse Kingfisher Motors was.

Vandag is hierdie vertoonlokaal vol ou motorfietse en ander memorabilia wat nie te koop is nie, en veteraan-motors en motorfietse wat wel in die mark is. Die atmosfeer is onverbeterlik, op die oomblik aangehelp deur die 1937 Rolls Royce en 1951 Bentley op die vloer – twee manjifieke voertuie.

“Daardie twee motors laat my baie goed voel wanneer ek hier instap,” verklaar Engelbrecht.

Engelbrecht-hulle het kontak met ondernemings en ander entoesiaste regoor die land, en hulle kry gereeld nuwe voertuie in die vertoonlokaal.

“Ek is op my gelukkigste hier, ek ontmoet elke dag interessante mense met wie ek lekker gesels oor ‘n onderwerp wat my passie is, nie soos in die versekeringsbedryf waar klagtes ‘n groot element was nie. Ek leer ook elke dag iets nuuts.”

Hy praat met groot lof van die Goodwood Revival of Speed-geleentheid wat hy en sy vennote onlangs in Engeland bygewoon het.

“Dit was ‘n ongelooflike ervaring, alhoewel die sterk pond ons so effens geklap het.”

Engelbrecht is sedert 1969 getroud met Barbara, en hulle woon nog in Ramsgate in dieselfde huis wat hulle gekoop het toe hulle hierheen gekom het. Hul dogter Tanya woon in Umtentweni.

“Ek het nie juis ander belangstellings nie. Ek is nie ‘n geesdriftige tuinier nie, veral nie nadat my pa my destyds laat bossies uittrek het wanneer ek ‘n toets gedop het nie.”

Baie van sy kliënte van die verlede is reeds oorlede, ook van die mense wat hom moed ingepraat het toe hy 12 jaar gelede teen kanker moes veg.

“Ek het dit oorwin, en dink vandag nie meer daaraan nie.

“Ek is ‘n bewys is dat die siekte oorwin kán word.”

Dis ‘n groot plesier om by Engelbrecht te kuier. Veral as jy wil gesels, of net na die Bentley se mooi agterstewe wil sit en staar.

Hy is daagliks daar waar hy op sy gelukkigste is, en nooi almal wat belangstel in wiele, veral ou wiele, om by hom ‘n draai te maak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.