Die Christen se wedloop

2016-10-20 06:00

DIE afgelope Paralimpiese Spele in Rio het elkeen van ons weer aan die hart gegryp. Aan rolstoele gekluister, blind, met kunsledemate, was hierdie begeesterde atlete vir ons ‘n bron van inspirasie.

Dit is goed dat daar sulke mense is. Elkeen van ons het iemand nodig na wie ons kan opsien en wat in ‘n sekere sin vir ons ‘n rolmodel is. Dit is een van die voordele om ervare, en baiekeer ouer mense te ken, wat bereid is om as mentor vir jou op te tree.

‘n Onlangse fliek met die naam Boys Choir illustreer mooi hoe die geloof van ‘n ouer mentor in ‘n jong koorlid se potensiaal, hom aanmoedig om groter hoogtes te bereik. Hebreërs 12:2 praat van die Christelike lewe as ‘n wedloop waarin elke Christen deel het. Die Engelse woord “agony” ontleen hom ook aan die oorspronklike woord agone.

Die Christelike lewe is vergelykbaar met ‘n marathonwedloop. Lang afstand atlete werk hard daaraan om uithouvermoë en krag te ontwikkel. Hulle vind ook inspirasie by vorige hardlopers soos Bruce Fordyce.

In die Bybel is daar baie sulke “geloofsgetuies” wie se lewens dien as bron van aansporing en aanmoediging.

Ons dink hier nie aan volmaakte mense nie, maar mense soos Moses wat gesukkel het om te praat en Jeremia wat gereken het hy is te jonk om God se werk te doen. Hierdie manne en vroue het padversperrings, ompaaie en doodloopstrate teengekom, maar het die wedloop voltooi. In die Christen se wedloop is daar baie hindernisse. Die Bose self is die een wat jou in die geloofswedloop wil pootjie.

Daar is swakhede, sondes, slegte gewoontes, ander mense wat die lewe vir jou moeilik wil maak. Al wat help is om die Een, Jesus Christus, wat die Bose se mag op Golgota se kruis verbreek het, voor oë te hou.

Hy sal jou deurdra sodat jy nie uitsak in die wedloop nie, maar klaarmaak, skaafmerke, selfs geswikte enkel en al. Mag jou lewe vir ander tot aansporing dien.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.