Die klub vir drenkelinge

2017-08-17 06:06

DITword vertel dat êrens aan die ruwe kus van Skotland daar eeue gelede baie skepe was wat op die rotse gestrand het. Baie mense is in die storms dood. Die inwoners van die naaste dorpie stig toe ‘n lewensredders groep. Baie mense is so gered.

Die naaste kerk was egter die enigste plek groot genoeg om die drenkelinge tydelik te huisves. Op ‘n dag kla iemand oor hoe vuil die kerk se matte darem nou deesdae lyk met al die mense wat gered word.

Die groepie vrywilligers besluit toe om ‘n klubhuis te bou. Daar sal die drenkelinge geakkommodeer kan word.

Soos dit maar gaan is daar eers verwarmers, toe lugreëling, toe biljarttafels, ensomeer, in die klubhuis geïnstalleer.

Al minder mense is egter gered. Vandag staan daar ‘n lang ry klubhuise vir drenkelinge langs daardie kus, maar niemand word meer gered nie.

Dink u die storie is absurd?

Dink bietjie hieroor? Waarom is ons kerk? Is dit nie ook om te soek en te red die wat deur die sondemag en storms van die lewe verwoes word nie?

Hoeveel kerke kan sê dat dit hulle hooftaak is?

Of is die instandhouding van die “klub” eerste prioriteit? Behoort ons aan geestelike klubs of aan die kerk van Jesus Christus wat gekom het om te soek en te red wat verlore is? Jesus reik in Matteus 9:9-13 uit na ‘n tollenaar Matteus.

Tollenaars was destyds die randfigure, die gehate mense van die samelewing. Hulle het die kerk se matte “vuil gemaak” by wyse van spreke.

Jesus sê dat Hy gekom het vir die wat siek is. God verwag van ons barmhartigheid en nie offers nie. Egte godsdiens is nie in die eerste plek die regte liedere wat ons sing of die regte manier van bid nie.

Dis of ons soos Jesus vreemdelinge verwelkom in ons kerke. Die Fariseërs, die kerkleiers in Jesus se tyd, wou mooier reddingsklubs bou.

Hulle wou nie meer hul hande vuilmaak om geestelike drenkelinge (mense wat fisies en geestelik onrein is) te red nie.

Het ons kerke nie ook maar klubs geword nie?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.