Die Koning se boodskappers

2017-09-21 06:01

‘n MENS kan nie kies wie saam met jou op die openbare vervoer soos die bus of die trein ry nie. Jy kan wel jou vriende of reisgeselskap kies.

Wanneer jy mense kies vir ‘n belangrike taak of rugbywedstryd, kies jy mos die bestes onder hulle, of hoe? Jy kies ook nie spelers om toeskouers te wees nie. Hulle moet ‘n impak maak op die spel.

Christus se kerk oftewel sy volgelinge, is nie deur God verkies om te sit en wag vir die bus na die hemel toe nie. Daarvoor is die uitdagings op sosio- ekonomiese, ekologiese en geestelike gebied, spesifiek ook in ons land, te groot. Jesus se keuse van die twaalf impakspelers in Matteus 10:1-4, wou juis heling bring waar daar gebrokenheid was. Hy stuur Sy volgelinge met ‘n opdrag om genesing te bemiddel vir ‘n siek gemeenskap en bevryding vir mense wat in die mag was van onrein geeste wat hul lewens verrinneweer het.

Dis ‘n groot opdrag met baie verantwoordelikheid. Wie is daartoe bekwaam? Wie sou jy en ek kies vir so ‘n groot taak?

Wat van iemand wat destyds sy eie mense uitverkoop het vir finansiële gewin - Matteus die tollenaar? Wat van Simon die Kananeër, vir wie politieke mag so alles belangrik was, dat hy daarvoor sou moor? Of wat van Judas Iskariot wat Jesus verraai het? Hoef ek nog meer te sê?

Wanneer God egter mense roep tot Sy diens, transformeer Hy hulle en herskep hulle tot Sy kroongetuies. ‘n Beroemde skilder kan ‘n gewone doek neem en ‘n beroemde skildery daarop verf. In Straatsburg, Frankryk is daar ‘n kerk wat in die oorlog deur die bomme beskadig is.

‘n Standbeeld van Christus daarbinne het behoue gebly. Die arms is egter deur die bomme afgeruk. Dit is nie herstel nie. Die dorpsmense het dit so gelos ter herinnering dat ek en jy Christus se hande is in ‘n gebroke wêreld wat Sy genesing en redding so nodig het. Een wou nie herskep word tot diens nie, Judas die verraaier.

Wat van jou?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.