Die lig van een kers

2017-04-20 06:01

FRANSISKUS van Assisi het glo gesê: “Al die duisternis in die wêreld kan nie die lig van een kers uitblus nie.” Soms hoor mens van bedrog, onderlinge onmin, nepotisme, gekonkel, bedrog by die werkplek of sportklub of skool. Dis dan wanneer mens wonder of daar dan geen Christene teenwoordig is nie? Christene is mos God se lig wat skyn in die donker. Die lig van net een kers is nodig om die donker te verdryf.

“Julle is die lig vir wêreld sê Jesus.”

Die lig waarna Jesus in Matteus 5:16 verwys, is die lig van ‘n klein olielampie wat al lig was in die huise van destyds. Daar was ook geen straatligte nie. Wat bedoel Jesus as Hy sê dat Sy volgelinge die lig van die wêreld is? William Barclay sê dat dit die grootste kompliment is wat Jesus aan die Christengemeenskap kon gegee het. In Johannes 9:5 sê Jesus dat Hy die Lig van die wêreld is. As Hy aan Sy dissipels sê dat hulle die lig van die wêreld is, sê Hy aan hulle dat hulle Hom moet verteenwoordig in die wêreld.

Dit gaan nie daaroor dat ons self ons eie lig moet verskaf nie. Ons weerkaats maar net die Lig. Christus leef tog in die Christen se hart en dis Sy lig wat deur ons skyn. Dit is wanneer Christene se liggies dof begin flikker in ‘n bepaalde omgewing, dat mens besef hoe donker hierdie wêreld regtig is.

Die Christen se liggie skyn helder as ek die kelnerin of die kassiere by die winkel met respek behandel. Die liggie skyn helder as ek mense seën en nie verwens nie. Die liggie skyn helder as ‘n besigheid of regeringsinstansie deur eerbare sakepraktyke of goeie regering gekenmerk word. Waar die lig van ‘n vuurtoring nie brand nie, het die skepe in die ou dae gestrand.

Waar ‘n Christen nie uitstaan soos ‘n lig op ‘n lampstaander is nie, is dit nag vir daardie gemeenskap. Onthou dat God jou spesifiek met ‘n doel geplaas het waar jy is. As jy nie is wat jy in Christus is, naamlik die lig vir die wêreld nie, hoe donker moet dit nie daar wees waar jy is nie?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.