Die moderne voorbeeld van ewigdurende aardse liefde

2015-11-12 06:00
Foto: johan pretorius Sarah en Abrie Spies, wat oor 60 jaar diep spore aan die Suidkus van KZN getrap het, en ‘nog is het einde niet’.

Foto: johan pretorius Sarah en Abrie Spies, wat oor 60 jaar diep spore aan die Suidkus van KZN getrap het, en ‘nog is het einde niet’.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN die letterkunde, geskiedenis en mitologie was daar talle voorbeelde van twee mense wat ‘gemaak was vir mekaar ... om enkeles te noem ... Paris van Sparta en Helena van Troje, Tristan en Isolde, Markus Antonius en Cleopatra, Lancelot en Guinevere, en Romeo en Juliet. Mans en vroue wie se liefde vir mekaar wat innig en standhoudend was, maar wie se verhoudings weens verskillende omstandighede in ramp, doodslag en tragedie geëindig het. Hier aan die Suidkus van KZN is ons egter bevoorreg om ons eie egpaar te hê wie se liefde vir mekaar net so sterk is, sonder die ramp doodslag, en tragedie. Trouens, hulle is reeds 61 jaar getroud, en nog net so lief vir mekaar soos op hul troudag. Hulle hoef dit nie te verklaar nie, ‘n mens kan dit sommer sien. Trouens, albei van hulle is dit eens dat indien die dood hulle sou skei, moet die een wat oorbly, liewer gou volg, want die lewe sonder die ander een is moeilik denkbaar.

Die betrokke twee is natuurlik Abrie en Sarah Spies, wat reeds ‘n half-eeu lank Suidkus-inwoners is, en as ‘n egpaar baie diep spore hier getrap het. So diep dat ‘n berig soos hierdie eintlik nie genoeg plek het om alles te noem nie. Hulle het hulle in 1964 uit Noord-Natal op Hibberdene kom vestig as suikerboere. Hierna het hulle hul lewens toegewy aan die gemeenskap, en wanneer ‘n mens vandag terugkyk, is die enigste gevolgtrekking dat hierdie egpaar nuwe betekenis aan ‘vervulde en diensbare’ lewens verleen het ... en nog steeds doen. Hulle was van die begin af betrokke by die NG Gemeente Port Shepstone. Sarah het die vroue organiseer met geld-insamelingsprojekte, en Abrie was betrokke by die kerkraad, kommissies, nuwe projekte, kerkbasaars en die vestiging van die NG Gemeente Port Shepstone, en later die afstigting van die NG Gemeente Margate. Abrie, met Sarah aan sy sy, was ook deel, en meesal die insieërders van nuwe Afrikaanse skole, een van hulle Suid-Natal, verskeie projekte, akwititeite en organisasies vir die Afrikaanse gemeenskap in die Suide van KwaZulu-Natal ... die distriksraad, Afrikaner-vriendekring, Skietkommando, Boerevereniging, Afrikaanse Boere-orkes, Afrikaanse Kultuurvereniging, Rapportryers, Skakelkomitee en vele meer, letterlik te veel om te noem. Abrie was aktief in die politiek in die destydse Nasionale Party, en later die Konserwatiewe Party. Hy was die stigter en leier van die eerste Boere-orkes in Noord-Natal ... hyself was, en is nog somtyds, ‘n kranige trekklavierspeler, en was goed bekend met die destydse legendes soos Hendrik Susan en Nico Carstens. Dieselfde met gholf ... hy is baie lief vir die spel ... maar speel nou baie minder as destyds. So soos hy dit self stel ... deesdae is dit eerder ‘m**r en soek’.

Sedert 1980 is die twee vennote saam met hul seun Danny in die eiendomsagentskap Abrie Spies en Seun op St Michael’s, en hulle spesialiseer in vakansie-verhuring, kompleksbestuur, boudienste, tuindienste en plaagbeheer. Dis baie moeilik om te glo....Abrie is 88-jaar oud en hoewel hy erken daar is pyne en skete, lyk hy nie ‘n dag ouer as 65, 70 nie. Soos ‘n mens op Engels sê, “lean and mean”. Die Kaapse Kleurlinge, weer, sou dalk sê “taai en seningrig soos ‘n bokkem”, met ‘n uithouvermoë soos min. En sy roetine-antwoord wanneer jy hom vra hoe gaan dit: “Ek vat net so hier en daar grond.”

Dis ‘n aangename ervaring om by Abrie en Sarah te kuier ... twee vriendelike en spontane mense wat lekker gesels. Daarbenewens twee gelowige mense wat dit hul lewenstaak gemaak het om hul gemeenskap te dien.

Sarah is 81 ... nog moeiliker om te glo.
Die lewenslus in albei is nog daar. Hul resep: “Ons glo in ons Hemelse Vader ... Hy sorg dat jy die paadjie wat vir jou uitgelê is, loop.” Hulle is dankbaar vir hul groot vriendekring, maar Abrie en Sarah is doodeerlik: hulle lewe vir hul kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders. Hulle het vier kinders: Jannie, Danny, André en Esme. Daar is 11 kleinkinders en ses agter-kleinkinders. Voorwaar ‘n nalatenskap om op trots te wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.