Die oorsprong van Nasionale Vrouedag en -maand

2017-08-24 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERLEDE week het Suid-Afrika Nasionale Vrouedag gevier, en Augustus is die afgelope jare tradisioneel Vroue-maand. In hierdie tyd word daar dan baie gepraat en geskryf oor onderwerpe soos vroue-regte, diskriminasie teen vroue op alle vlakke van die samelewing, en ook geweld teen vroue.

Die hoofrede vir die Suid-Afrikaanse Vrouedag is die optog op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou in Pretoria deur meer as 20 000 vroue van alle rasse om teen die destydse paswette te betoog. Tydens hierdie optog het die groep die lied Wathint’ abafazi, Strijdom! Wathint’ abafazi, imbokodo, uza kufa! Gesing. Wat basies beteken “indien jy die vroue slaan, slaan jy ‘n rots, wat jou sal vermorsel.” Ironies genoeg, indien dit waar sou wees, moet daar baie mans in Suid-Afrika wees met stukkende hande en gebreekte slaandinge. Want die pleeg van geweld teen vroue in die land gaan voluit voort sonder dat die skuldiges behoorlik vasgevat word.

Hier by ons aan die Suidkus is daar gereeld aanrandings (en moord) op vroue, en oral in die land word sulke gevalle feitlik daagliks aangemeld.

‘n Prominente voorbeeld is die adjunk-minister wat verlede week op in die hof verskyn het nadat hy ‘n vrou kwaai aangerand het. Gesaghebbende studies toon dat tussen 40% en 50% van Suid-Afrikaanse vroue óf deur hul mans/metgeselle, óf deur vreemdelinge mishandel word. Suid-Afrika het van die hoogste geweldsyfers teen vroue op aarde. Dis egter ‘n onderwerp op sy eie, waarop reeds voorheen hier gefokus is.

Wat het gelei tot 9 Augustus 1956? Suid-Afrikaanse swart mans moes van die vorige eeu af passe dra wat hulle die reg gegee het om in die stedelike gebiede te werk. Slegs dié met passe, wat hulle permanent by hulle moes dra, op voorwaarde dat hulle werk het, is daar toegelaat.

In 1913 het die Oranje-Vrystaat passe ook vir vroue verpligtend gemaak. ‘n Groep veelrassige vroue het daarteen geskop, en baie van hulle het die nuut-gestigte South African Native National Congress, wat in 1923 die African National Congress geword het, gesteun.

Nadat die Bantu Women’s League ‘n petisie met meer as 5 000 handtekeninge aan die Suid-Afrikaanse premier, Louis Botha, oorhandig het, en dit geignoreer het, het ses van die vroue Kaapstad toe gereis om hul saak aan die destydse Minister van Naturellesake, Henry Burton, te gaan stel. ‘n Jaar later was daar nog geen reaksie nie.

Op 28 Mei 1913, het honderde vroue na die middestad van Boemfontein opgeruk en daarop aangedring om met die burgemeester te praat. Hy het verklaar hy kan niks doen nie. Die volgende dag het die vroue weer die stad binnegegaan en hul passe verbrand. Tagtig van hulle is in hegtenis geneem, en 34 het twee maande tronkstraf uitgedien.

Die protes het verder in die Vrystaat uitgebrei, maar met die uitbreek van die Eerste Wêreld-oorlog het die owerhede die maatreëls verslap, maar na die oorlog weer probeer afdwing.

Die Bantoe-vroueliga is toe gestig, (wat in 1948 die ANC-vroueliga geword het) met Charlotte Maxeke as eerste president. Sy was die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou wat ‘n graad behaal het (B. Sc aan ‘n Amerikaanse universiteit), en het die weerstand verder gekoördineer. In 1922 het die Suid-Afrikaanse regering ingestem dat vroue nie passe hoef te dra nie.

Slegs ‘n jaar later is die Wet op Swart Stedelike gebiede egter gepromulgeer wat bepaal het dat slegs swart vroue-huiswerkers, met passe, in die stedelike gebiede kon bly. In 1952 word ‘n wysigingswet ingestel wat bepaal het dat alle swart mans oor die ouderdom van 16, landwyd, hulle pasboeke te alle tye by hulle moes dra.

Dit was ‘n poging om toestroming uit die destydse tuislande te beheer, het bepaal dat swartes bewyse van belastingbetaling moes kry, en toestemming moes hê om in sekere gebiede te wees. Hul werkgewers moes die pasboek maandeliks teken.

‘n Ander groot bron van ontevredenheid was die bepaling dat swartes in stedelike gebiede ‘n getekende toestemmingsdokument (destyds bekend as ‘n ‘special’) by hulle moes dra indien hulle na ses op straat wou wees, veral oor naweke. Indien hulle dit nie kon toon nie, is hulle in die tronk ge- stop.

Die weerstand het toegeneem onder die leierskap van mense soos Helen Joseph, Helen Suzman, Albertina Sisulu en Lilian Ngoyi, en verskeie betogings is gehou tot die geskiedkundige dag op 9 Augustus toe Rahima Moosa, Ngoyi, Sophie Williams-de Bruyn en Joseph die optog na die Uniegebou gelei het.

Premier Hans Strijdom was nie daar nie, en die petisie is deur sy privaatsekretaris in ontvangs geneem. Verskeie ander verset-optredes het later gevolg, en die paswetstelsel of toestromingsbeheer is oor die daaropvolgende jare aangepas en minder streng gemaak totdat dit uiteindelik in1986 heeltemal afgeskaf is.

Die paswette was net nog ‘n faset van ons land se veelbewoë geskiedenis wat sterk emosies gaande gemaak het. Nege Augustus verseker dit sal nie maklik vergeet word nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.