Die St Lucia-meer se lewensbloed terug

2016-06-09 06:00
FotO: verskaf St Lucia tydens die ergste droogte.

FotO: verskaf St Lucia tydens die ergste droogte.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN wat bestempel word as ‘n “merkwaardige oorwinning vir natuurbewaring”, is ‘n aansoek deur suikerboere dat die monding van die Umfolozi-rivier oopgemaak word om die oorstroming van sekere plase te verhoed, onlangs deur die Hooggeregshof verwerp.
Die vars water wat die St Lucia-meer uit die rivier binnevloei, sal nou binne bly pleks van in die see in loop. Dit beteken dat die meer weer op pad is na ‘n doeltreffende habitat vir sowel die sowat 800 seekoeie en 1 200 groot krokodille in die meer, as verskeie ander wildsoorte en bedreigde spesies.

Weens die goeie reën vroeër vanjaar het die Umfolozi-suikerboere se Koöperasie (UCOSP) en twee individuele suikerboere, Paul van Rooyen en Petrus Maphumulo, by die Hooggeregshof aansoek gedoen dat die riviermonding oopgestoot word sodat plase op 94 hektaar nie oorstroom word nie. Hierdie plase beslaan minder as een-persent van die 9 427 hektaar van die Umfolozi-vloedvlakte wat met suiker beplant is.

Die hoof-uitvoerende beampte van die Isimalingo-wetland park, Andrew Zaloumis, het aan News 24 gesê “die St. Luciameer se lewensbloed is aan ons teruggegee”. Hy het daarop gewys die Umfolozirivier is die vernaamste bron van vars water vir Afrika se grootste tregtermond-meer, die St Lucia, en het die hofbeslissing bestempel as omgewings-geregtigheid vir die dierelewe en bowenal vir die mense wat op St Lucia staatmaak vir ‘n lewensbestaan.
Vir die St Lucia-toerismebedryf, wat sowat sowat R1.2 biljoen vir die gebied verdien het en sowat 7 000 werkgeleenthede genereer, is die hofbeslissing ‘n groot verligting. Dit is ook ‘n betekenisvolle positiewe faktor vir die visbedryf aan die kus van Oos-Afrika.

iSimangaliso het tydens die regsgeding aangevoer hy het hom gehou by ‘n bestuurstrategie vir die strandmeer wat ontwikkel is na konsultasie met UCOSP. Die konsultasie en besprekings het reeds in 2008 begin. iSimangaliso het ook verklaar ondanks verskeie pogings om UCOSP te oortuig van die implikasies van suikerboerdery op grond wat in die getysone lê, en onderhewig is aan klimaatfluktuasies, het UCOSP nie sy ondernemings om vloedbeskermingsmaatreëls te verbeter, gestand gedoen nie

Die boere en UCOSP het sedert Augustus verlede jaar drie dringende aansoeke teen iSimangaliso ingedien, en dreigemente van regsgedinge het gevolg. ‘n Tussentydse hofbevel is toegestaan dat die riviermond oopgestoot kon word wanneer die watervlakke kritieke vlakke bereik het. Die laaste van UCOSP en die boere se aansoeke teen iSimangaliso en betrokke staatsdepartemente is twee weke gelede deur die hof aangehoor, en deur Regter Mohini Moodley verwerp. Sy het beslis die tydelike verligting vir die boere is nou verby. Die redes vir die uitspraak en regskoste-toedeling sal later volg.

Regter Moodley het opgemerk die saak was van groot belang vir sowel iSimangaliso as die suikerboere, en in die belang van geregtigheid vir albei partye, was dit noodsaaklik dat uitspraak onmiddellik gegee word sodat die verhouding tussen hulle gereguleer kan word. Zaloumis het verklaar die park het sowel die boere as UCOSP uitgenooi om as bure met iSimangaliso saam te werk in belang van ‘n “wen-wen-oplossing wat tot voordeel sal wees van die St Lucia-strandmeer, wat wêreldwyd bekend en Suid-Afrika se eerste amptelike erfenisgebied is”.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.