Die voortslepende Ugu waterkrisis

2017-10-12 06:00
PHOTO:

PHOTO:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HIER in ons deel van die wêreld word ons gereeld herinner aan die belangrikheid van water. Nie omdat die riviere opgedroog het of omdat die damme dolleeg is nie, maar omdat die distrik-munisipaliteit se voorsiening van water gereeld faal.

Verskeie gebiede was die afgelope tyd dae lank sonder water, en ons almal weet wat dit beteken. Indien jy gelukkig is om ‘n swembad of ‘n groot opgaartenk te hê, kan jy nog oorleef, maar vyf tot ses dae met geen water uit die krane en afhanklik van houers wat elders volgemaak moet word, is alles behalwe draaglik.

Die probleem was so erg dat met die skrywe van hierdie berig, niemand in die munisipaliteit presies geweet het wat die onderbrekings veroorsaak nie.

Die probleme het veral in September so toegeneem dat dit eintlik ‘n krisissituasie was met woedende verbruikers aan die een kant wat Ugu beskuldig van onbevoegdheid, terwyl Ugu aan die ander kant verklaar hy kan die frustrasie verstaan, maar die munisipaliteit doen alles wat hy kan om die situasie te normaliseer.

Plaaslike en buite-kundiges se hulp is ingeroep, en hul gevolgtrekking was dat die stelsel gesaboteer word, waarskynlik deur Ugu-werkers met die een of ander grief of punt om te bewys.

Die munisipale bestuurder, DD Naidoo, het verbruikers verseker geen steen sal onaangeroer gelaat word om die nodige stappe te doen om die skuldiges op te spoor en te vervolg nie. Intussen verduur verskeie verbruikers nog steeds ‘n waterlose situasie, die gevoel teen Ugu laai op, kommer neem toe dat die komende Desemberseisoen weereens ‘n toerismeramp gaan wees omdat mense óf gaan wegbly, óf vroeg huis toe sal vertrek met die gevolglike verlies aan inkomste vir plaaslike sakelui. Alles geldige bekommernisse.

Nou is die vraag - wat gaan gebeur indien die probleem nie opgelos word nie? Die munisipale bestuurder het reeds erken selfs die beste kundiges van buite weet nie wat die onderbrekings veroorsaak nie.

Onbevestigde berigte wil dit hê dat klepkrane op verskeie plekke toegedraai gevind word na onderbrekings, en sowel die munisipale bestuurder as buitekundiges is oortuig sabotasie is a faktor.

Belastingbetaler-aktiviste het verlede week gevra waarom Ugu nog nie ‘n klagte by die polisie ingedien het nie. “Wie beskerm hulle?” was die vraag. Feit is dat Ugu wel verlede week ‘n klagte ingedien het met die hulp van top-regsmense, en dat die gereg nou sy verloop sal neem.

Op ‘n nuuskonferensie verlede Maandag het Naidoo die gemeenskap om verskoning gevra, verklaar dat daar geen verskoning is nie, en dat Ugu sy plig sal doen en die waterkrisis oplos.

Of dit genoeg is om skeptiese drukgroepe tevrede te stel en beledigende aanmerkingsop die sosiale media te keer, sal net die tyd leer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.