Domoina – 10 dae van totale verwoesting

2016-08-04 06:00
Foto: verskaf. Vyf-en-seventig jaar se tropiese storms in Suider-Afrika.

Foto: verskaf. Vyf-en-seventig jaar se tropiese storms in Suider-Afrika.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOE die gure weer se rukwinde en reën verlede week hier aan die Suidkus die skuifdeure van ons huis heen en weer geruk en die water op plekke die huis ingewaai is met brute krag, en ‘n geutpyp soos ‘n tandestokkie afgeruk en 20 meter verder in drie stukke neergegooi is, het die uwe teruggedink na Januarie 1984. Dis die jaar toe die tropiese storm Domoina chaos en verwoesting in Mosambiek, Swaziland, Suid-Afrika en Madagaskar gesaai het.

Op 21 Januarie van daardie jaar was ons SAUK-produksiespan op ‘n nuus-sending in ‘n BBC-ateljee in Londen besig om te redigeer aan ‘n satelliet-nuusvoer toe ons op ‘n uitsendingsmonitor in die ateljee gesien het ‘n buitengewoon sterk tropiese storm het Madagaskar getref. Vir die volgende week tydens ons nuusreis in Europa het ons met groot belangstelling ( en trepidasie ) in hotelkamers en ateljees van TV-stasies na die stelselmatige verwoesting gekyk wat Domoina aangerig het. In gereelde oproepe huis toe is ons gerus gestel dat slegs die noorde van KwaZulu-Natal deur die storm getref is, maar dat die skade elders rampspoedig was.

Domoina het in KZN ‘n die grootse vloede in 100 jaar veroorsaak nadat dit op 16 Januarie langs die noord-oostelike kus van Madagaskar ontwikkel het. Vyf dae later tref dit Madagaskar, beweeg dwarsoor die land en laat 42 dooies en skade ten bedrae van $25 miljoen agter.
Terug in die Mosambiekkanaal het Domoina nuwe lewe gekry en op 28 Januarie met winde van net onder 100 kilometer per uur die suide van Mosambiek getref. Maputo het in twee dae 40% van sy jaarlikse reënval gekry. Maputo het verskeie dae geen skoon water gehad nie as gevolg van die skade aan pompstasies, en die hawe moes gesluit word. Bome is ontwortel, honderde huise is beskadig of uitmekaar geruk, meer as 10 000 mense is dakloos gelaat en 28 pompstasies landwyd is weggespoel.
Vyftig klein damme in die land en 250 000 hektaar van die land se landerye is kort voor oestyd verwoes, en 350 000 boere is hierdeur geraak. Baie van hulle het nader aan riviere geplant weens ‘n langdurige droogte, en 120 000 ton vrugte, groente en meer as 5 000 stuks vee was daarmee heen. Meer as 50 000 mense het al hul besittings verloor, 109 is dood, en die totale skade was $75 miljoen.

Swaziland was volgende op die lys, en as gevolg van die reuse-vloede is meer as 100 brûe ernstig beskadig of weggespoel.
Spoorlyne het oornag verdwyn, en verskeie gebiede in Swaziland was dae lank weens die vloede van die buitewêreld afgesny. Twintig hoofpaaie is ernstig beskadig, duisende stuks vee het gevrek, meer as 10 000 sitrusbome is weggevoer, die totale skade was $57 miljoen en 73 mense het hul lewens verloor.

In Suid-Afrika het 950 millimeter reën in enkele dae geval waarvan 615 in een dag, en 29 riviere was in vloed, onder meer die Pongola, waarvan die loop na die storm verander het.
Die Pongoladam het so gou volgeloop dat sluise oopgetrek moes word om die damwal te beskerm, en dit het bygedra tot meer vloede in Mosambiek en tientalle mense, meesal boere, het verdrink.
Tussen Sodwana en Richardsbaai het 950 millimeter vinnig geval, en meer as 700 op Mkuze, die bo-Umfolozi, Pongola en die Usutu- en Komatiriviere. Die presipitasie het tot by Durban gestrek, maar gelukkig nie verder beweeg nie.
In Suid-Afrika het 60 mense omgekom, en is die eiendom van 500 000 mense beskadig. Die totale skade was R100 miljoen.

Bg. is uiteraard ‘n oppervlakkige oorsig van die verwoesting wat Domoina­ gesaai het, en die betrokke lande het jare geneem om behoorlik te herstel.
Dit het die uwe egter opnuut laat besef dat ‘n bietjie water in die sitkamer en ‘n stukkende geutpyp groot redes tot dankbaarheid is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.