Donald Trump ... hoe lank gaan hy hou?

2017-03-23 06:03

 

IETS wat die uwe weereens die afgelope paar weke opgeval het in gesprekke met mense hier op die Suidkus van KZN, en veral op die verskillende sosiale media-platforms, is hoe verdeeld selfs ons eie gemeenskap oor President Trump van Amerika is. Daar is geen “grys” of tussen-in gebied nie. Jy is óf pro-Trump óf jy kan die man nie verdra nie. Wat my nogal verbaas het, is hoe die sogenaamde “konserwatiewe” Suid-Afrikaners nie ‘n verkeerde woord oor hom wil hoor nie.

Hy is die ridder op die wit perd wat liberalisme en globalisering beveg, en ‘n groot voorstander van “nasionalisme” en “Amerika eerste”.

Ek moet toegee ek het aanvanklik van hom gehou. Het nou nog ‘n teësinnige bewondering vir hom oor wat hy vermag het. Hy was ‘n vars bries, en dit was lekker om te sien hoe hy met die Amerikaanse politieke “establishment” se gal werk. Trump is ‘n sterk leier: hy huiwer nie om sy persoonlike mag te laat geld nie, hy het stewige beheer oor mense naby aan hom, hy huiwer nie om belangrike besluite vinnig te neem en sy doelwitte vreesloos na te volg nie.

Wanneer hy sy sterk leierskap projekteer, raak hy egter messiaans en vertel die gehoor “hy is hul stem.” Ten spyte van sy totale gebrek aan politieke ervaring, meen hy hy ken die “stelsel” beter as enigiemand anders, en gaan die geskiedenis van sowel Amerika as die res van die wêreld onherroeplik verander.

Hy huiwer nie om sy eie Republikeinse party te kritiseer nie, en maak ad hoc-uitsprake sonder om ag te slaan op die meerderheidsmening in sy eie party, soos bv. sy lof vir President Putin van Rusland en die tradisionele beleidstandpunte in Washington oor bv. China en Taiwan. Seniors in die Republikeinse party sê sy politieke aanstellings toon min tekens van politieke balans, en is grootliks persoonlike kennisse sonder die nodige kwalifikasies.

Hoewel hy ‘n sterk leier is, meen sy kritici hy is nie ‘n ‘n doeltreffende leier met genoeg steun van sy eie mense nie. Hulle verwys na Margaret Thatcher en Tony Blair... sterk, dinamiese leiers, maar uiteindelik so uit voeling met hul eie politieke omgewing dat hulle gevra is om te loop.

Trump se ondersteuners wil niks verkeerd van hom weet nie, ook nie hier op die Suidkus nie.

Hy word beskou as die teenfoeter vir globalisasie en die antitese van liberale denke in Amerika (en die wêreld) veral soos verpersoonlik deur die Clintons. Hy is die held van internasionale “konserwatiewes” wat nie skroom om hul eie lande eerste te stel nie en gekant is teen bv. immigrasie, veral uit Moslemlande, soos in Europa. Sodra iemand hom kritiseer, veral op Facebook en Twitter, word daardie mens summier verdoem as ‘n liberalis of sogenaamde “libtard”.

Sy ondersteuners hou van hom want hy het inderdaad daarin geslaag om veral in Amerika te bepaal wat “die gevoel op die grond” is. Hy het sy huiswerk goed gedoen, en die guns van werkloses, mense wat “gatvol” is vir die politici en hul konkelry op “die heuwel” in Washington, en globalisering ten koste van hul eie land se belange, se steun gewen, op só ‘n manier dat dit selfs sy grootste kritici verbaas het.

Hy het daarin geslaag het om nog ‘n Clinton, wat self nie baie gewild was nie, uit die Withuis te hou, al het sy landwyd drie-miljoen stemme meer as hy gekry. Dit was wel gedaan.

Maar wat nou? Ongelukkig kan Trump die mens en sy persoonlikheid nie van sy politieke sienswyses en optrede geskei word nie. Dis gaan myns insiens die rede wees waarom Trump uiteindelik gaan faal. Sy ondersteuners maak dit af as nonsens, maar alhoe meer gesiene sielkundiges verklaar die man het ernstige sielkundige probleme.

Jy hoef ook nie ‘n Sigmund Freud te wees om te besef iewers is iets nie lekker nie. In ‘n onlangse “openbare manifest” in Amerika verwys ‘n groot groep sielkundiges, (sonder politieke motiewe) na wat hulle beskou as Trump se “kwaadaardige narcisme en self-liefde.”

Dit is iemand wat ander mense en instansies deurentyd blameer vir alles wat verkeerd is, nooit self iets verkeerd doen nie, teenstanders en kritici aanhoudend beledig en afkraak, en ‘n “sterk man”-kultus wat teer op mense se vrese en woede, beoefen. Dis iemand wat belowe dat probleme opgelos sal word indien mense bloot in hom glo, die “geskiedenis wil herskep,” min ontsag het vir die waarheid en geen besef van rasionele oorreding het nie.

Ongelukkig pas hierdie beskrywing Trump soos ‘n handskoen. Sy tirades teen die media, ewigdurende kritiek op individue en organisasies wat nie met hom saamstem nie, die bewysbare onwaarhede wat hy gereeld verkondig, sy beheptheid met Twitter (wat maak ‘n Amerikaanse president in die eerste plek daar?), sy ondeurdagte kommentaar tydens impromptu toesprake, en veral sy onwelvoeglike uitlatings oor vroue, versterk die vermoede dat hy nie presidentsmateriaal is nie.

Niemand, veral nie die uwe nie, sal ontken dat die man verskeie talente het en iets besonders is nie.

Ongelukkig is al die tekens daar dat hy nie sy presidentskap gaan voltooi nie, tensy hy ’n drastiese persoonlikheids- en benaderingsverandering ondergaan. Iets wat uiters onwaarskynlik is.

BLURB
Jy is óf pro-Trump óf jy kan die man nie verdra nie.
IETS wat die uwe weereens die afgelope paar weke opgeval het in gesprekke met mense hier op die Suidkus van KZN, en veral op die verskillende sosiale media-platforms, is hoe verdeeld selfs ons eie gemeenskap oor President Trump van Amerika is. Daar is geen “grys” of tussen-in gebied nie. Jy is óf pro-Trump óf jy kan die man nie verdra nie. Wat my nogal verbaas het, is hoe die sogenaamde “konserwatiewe” Suid-Afrikaners nie ‘n verkeerde woord oor hom wil hoor nie.

Hy is die ridder op die wit perd wat liberalisme en globalisering beveg, en ‘n groot voorstander van “nasionalisme” en “Amerika eerste”.

Ek moet toegee ek het aanvanklik van hom gehou. Het nou nog ‘n teësinnige bewondering vir hom oor wat hy vermag het. Hy was ‘n vars bries, en dit was lekker om te sien hoe hy met die Amerikaanse politieke “establishment” se gal werk. Trump is ‘n sterk leier: hy huiwer nie om sy persoonlike mag te laat geld nie, hy het stewige beheer oor mense naby aan hom, hy huiwer nie om belangrike besluite vinnig te neem en sy doelwitte vreesloos na te volg nie.

Wanneer hy sy sterk leierskap projekteer, raak hy egter messiaans en vertel die gehoor “hy is hul stem.” Ten spyte van sy totale gebrek aan politieke ervaring, meen hy hy ken die “stelsel” beter as enigiemand anders, en gaan die geskiedenis van sowel Amerika as die res van die wêreld onherroeplik verander.

Hy huiwer nie om sy eie Republikeinse party te kritiseer nie, en maak ad hoc-uitsprake sonder om ag te slaan op die meerderheidsmening in sy eie party, soos bv. sy lof vir President Putin van Rusland en die tradisionele beleidstandpunte in Washington oor bv. China en Taiwan. Seniors in die Republikeinse party sê sy politieke aanstellings toon min tekens van politieke balans, en is grootliks persoonlike kennisse sonder die nodige kwalifikasies.

Hoewel hy ‘n sterk leier is, meen sy kritici hy is nie ‘n ‘n doeltreffende leier met genoeg steun van sy eie mense nie. Hulle verwys na Margaret Thatcher en Tony Blair... sterk, dinamiese leiers, maar uiteindelik so uit voeling met hul eie politieke omgewing dat hulle gevra is om te loop.

Trump se ondersteuners wil niks verkeerd van hom weet nie, ook nie hier op die Suidkus nie.

Hy word beskou as die teenfoeter vir globalisasie en die antitese van liberale denke in Amerika (en die wêreld) veral soos verpersoonlik deur die Clintons. Hy is die held van internasionale “konserwatiewes” wat nie skroom om hul eie lande eerste te stel nie en gekant is teen bv. immigrasie, veral uit Moslemlande, soos in Europa. Sodra iemand hom kritiseer, veral op Facebook en Twitter, word daardie mens summier verdoem as ‘n liberalis of sogenaamde “libtard”.

Sy ondersteuners hou van hom want hy het inderdaad daarin geslaag om veral in Amerika te bepaal wat “die gevoel op die grond” is. Hy het sy huiswerk goed gedoen, en die guns van werkloses, mense wat “gatvol” is vir die politici en hul konkelry op “die heuwel” in Washington, en globalisering ten koste van hul eie land se belange, se steun gewen, op só ‘n manier dat dit selfs sy grootste kritici verbaas het.

Hy het daarin geslaag het om nog ‘n Clinton, wat self nie baie gewild was nie, uit die Withuis te hou, al het sy landwyd drie-miljoen stemme meer as hy gekry. Dit was wel gedaan.

Maar wat nou? Ongelukkig kan Trump die mens en sy persoonlikheid nie van sy politieke sienswyses en optrede geskei word nie. Dis gaan myns insiens die rede wees waarom Trump uiteindelik gaan faal. Sy ondersteuners maak dit af as nonsens, maar alhoe meer gesiene sielkundiges verklaar die man het ernstige sielkundige probleme.

Jy hoef ook nie ‘n Sigmund Freud te wees om te besef iewers is iets nie lekker nie. In ‘n onlangse “openbare manifest” in Amerika verwys ‘n groot groep sielkundiges, (sonder politieke motiewe) na wat hulle beskou as Trump se “kwaadaardige narcisme en self-liefde.”

Dit is iemand wat ander mense en instansies deurentyd blameer vir alles wat verkeerd is, nooit self iets verkeerd doen nie, teenstanders en kritici aanhoudend beledig en afkraak, en ‘n “sterk man”-kultus wat teer op mense se vrese en woede, beoefen. Dis iemand wat belowe dat probleme opgelos sal word indien mense bloot in hom glo, die “geskiedenis wil herskep,” min ontsag het vir die waarheid en geen besef van rasionele oorreding het nie.

Ongelukkig pas hierdie beskrywing Trump soos ‘n handskoen. Sy tirades teen die media, ewigdurende kritiek op individue en organisasies wat nie met hom saamstem nie, die bewysbare onwaarhede wat hy gereeld verkondig, sy beheptheid met Twitter (wat maak ‘n Amerikaanse president in die eerste plek daar?), sy ondeurdagte kommentaar tydens impromptu toesprake, en veral sy onwelvoeglike uitlatings oor vroue, versterk die vermoede dat hy nie presidentsmateriaal is nie. Niemand, veral nie die uwe nie, sal ontken dat die man verskeie talente het en iets besonders is nie.

Ongelukkig is al die tekens daar dat hy nie sy presidentskap gaan voltooi nie, tensy hy ’n drastiese persoonlikheids- en benaderingsverandering ondergaan. Iets wat uiters onwaarskynlik is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.