Gaan die NG Kerk skeur oor gay-verhoudings?

2016-12-01 06:00

SEKER die belangrikste nuusgebeurtenis in kerklike kringe die afgelope maand was die besluit van die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk om sy eie omstrede besluit van verlede jaar om te keer nadat verskeie besware daaroor ingedien is.

Die Algemene Sinode besluit van 2015 het erkenning gegee aan die status van burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou.

Dit maak voorsiening dat hierdie verbintenisse deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig kan word. Hierdie besluit is deur die 2016-besluit herroep en dominees kan nie meer sulke huwelike bevestig nie.

Volgens die 2015-besluit geld dieselfde Christelik-etiese standaarde (leer en lewe) vir die legitimasie van ordening van alle persone.

Hierdie besluit is gedeeltelik ook deur 2016 se besluit herroep. Volgens 2016 se besluit kan seksualiteit net binne die huweliksverhouding tussen man en vrou uitgeleef word.

Gay-dominees kan dit nie doen nie en kan dus nie in die amp dien nie. Die Sinode verklaar onomwonde in sy jongste besluit dat die kerk “nee” sê vir enige seksuele verhoudings tussen lede van dieselfde geslag.

Hierdie kontroversiële saak het groot verdeeldheid veroorsaak. Enersyds binne die kerk self, en andersyds binne gemeentes. Dominees met wie die uwe gepraat het, wou niks op die rekord sê nie, maar dis duidelik dat daar sterk menings aan albei kante is.

Wanneer ‘n mens op die sosiale media redenasies oor die debat volg, gaan dit basies oor hoe die Bybel verstaan moet word.

Een groep reken dat hedendaagse selfdegeslag-verhoudings van liefde en trou nie dieselfde is as waarskuwings in die Bybel oor homoseksueleseksuele losbandigheid nie.

Die een groep verdoem homoseksualiteit totaal en al. Die ander groep reken ons moet ruimte maak vir verhoudings van liefde en trou, ook tussen mense van dieselfde geslag.

Daar is egter ‘n sterk standpunt in die kerk dat seksualiteit net binne die verband van die huwelik tussen een man en een vrou uitgeleef kan word.

Dit sluit natuurlik dan nie net seksuele verbintenisse tussen dieselfde geslag uit nie, maar ook tussen mense wat nie getroud is nie. Wat in sigself ‘n groot twispunt is.

Belangrik is dat almal skynbaar (die sogenaamde pro- en anti- gaygroepe), hulle beroep op die gebod van die liefde. Die pro-gay groep leer dat Jesus se boodskap een van inklusiwiteit was.

Die ander groep erken dit, maar reken dat daar tog ook grense is aan die liefde. Sondige lewensstyle , soos bv homoseksualiteit, kan volgens hulle nie goedgepraat word nie.

Daar is ‘n groepering wat sterk voel dat die Bybel die laaste woord oor alle sake van leer en aktuele belang het. Die interpretasie van Skrifgegewens verskil egter.

Ander weer voel dat die algemene genade van God, soos ons in die skepping kan aflei, ook bepalend is. Nog ‘n belangrike faktor is wat beskou word as ‘n huwelik, aldan nie.

Dit is veilig om te aanvaar dat hierdie onenigheid nog lank nie verby is nie, en in intensiteit gaan toeneem met debatte op die sosiale media en in die koerante. Of die NG Kerk gaan skeur? Daar is teoloë wat volhou dis onvermydelik weens die openlike onenigheid. Ander meen mense sal net stilweg uit die kerk verdwyn na gelang van hulle oortuigings. Wat reeds gebeur.

‘n Rubriek soos hierdie is hopeloos te oppervlakkig en te kort om die volle omvang van wat hier aan die gang is, te ontleed. Wat wel waar is, koerantberigte en veral talle Facebook-blaaie, reflekteer die diepe verdeelheid in NG-Kerkkringe onder sowel lidmate as ampsdraers.

Daar is byvoorbeeld groot ontevredenheid onder die pro-gaygroep oor die proses wat gevolg is om die 2015-besluit verander te kry.

Dit gaan interessant wees om te sien hoe groot die verdeeldheid gaan word voor die volgende Algemene Sinode, wat nou eers in 2019 gehou gaan word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.