Gemorskos: So lekker, maar so ongesond en vetmakend

2017-06-22 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GEDURENDE die vorige skoolvakansie het die uwe se kleinkinders en hul ouers hier gekuier, en ons is Ramsgate toe vir die dag. Na die swemmery sit ons by een van die strand se eetplekke, terwyl die kinders hul roomyse geniet, en ons volwassenes elkeen ‘n wafel met room en heuning eet, kyk ek na die mense op die strand.

Wat my dadelik opval is hoe oorgewig die meeste van hulle is. Veral dié wat nie meer jonk is nie. Maar selfs van hulle wat nog nie dertig jaar oud kan wees nie. Selfbewus kyk ek af na my eie maag wat die afgelope paar jaar gegroei het.

Ek eet nie baie nie, drink nie bier nie, maar wyn en whisky wanneer die geleentheid daar is. Ek kry egter geen oefening nie, waar ek in my jonger jare muurbal gespeel, gereeld gedraf en basies dieselfde eetgewoontes gehad het.

Toe onthou ek. Ek het destyds minder wegneem-etes geëet, baie meer vrugte, het brood vermy, en natuurlik meer oefening gekry.

Toegegee, wanneer ‘n mens ouer word, is jy geneig om meer gewig aan te sit as gevolg van metabolisme-veranderings, maar as jy aktief bly en oordeelkundig eet, bly jou gewig realisties vir jou ouderdomsgroep. Die hoofprobleem lê natuurlik by onoordeelkundig eet.

Ek was jare gelede vier maande lank op kursus in Taipei in Taiwan. Wat my onmiddellik opgeval het, was hoe maer en fiks die mense daar was.

Die Taiwanese het drie keer per dag volle maaltye genuttig, die meeste van hulle by straat-restaurantjies of -eetplekke, en selfs in hul tagtigs en negentigs, geen vet aan hul liggame gehad nie. Hulle is baie lief vir vars roerbraai-groente. Die generaals by wie ons klas geloop het, in hul sestigs en sewentigs, van Tsjiang-Kai Sjek se oorblywende offisiere, was almal soos lunsrieme.

In die strate het ek egter heelwat oorgewig Taiwanners opgemerk, veral onder die jonger ouderdomsgroepe, en selfs kinders. Waarom sou hulle dan so oorgewig wees? Navraag by die geneesheer van die kollege het aan die lig gebring dis die mense wat nie meer tradisionele Chinese kos eet nie, maar McDonalds en Kentucky Fried Chicken besoek. Hulle is ook versot op aartappelskyfies, “French fries” en pizza’s.

Verdere navraag van my kant af het aan die lig gebring die tradisionele Chinese, ook op die vasteland, se tradisionele kos bevat geen sout nie, en hulle gebruik Sojasous. Rou sout is taboe. Hulle gebruik ook geen of bitter min suiwelprodukte. Kaas en melk is uit. Hulle eet baie vars groente, vars en soms rou vis, nooit gevries nie, geen geprosesseerde vleis nie, meesal hoender en eend.

Hulle gebruik nie suiker soos ons nie, en versoet hul kos, wanneer dit nodig is, met vrugte-ekstrakte. Die Chinese eet nie brood soos ons nie, en hul stysel is hoofaaklik rys en noedels. Hul tradisionele nageregte het effens vreemde smake, en word van vrugte, plante en selfs blomme gemaak.

Die Chinese sê die oorgrote meerderheid van die Chinese disse wat ons in lande soos Suid-Afrika kry, soos byvoorbeeld “beef chop suyi” is “San Francisco-kos” wat gemaak is om by Westerse smake te pas.

Ek ken tradisionele Japanse kos nie goed nie, maar hulle gebruik baie dieselfde soort bestanddele as die Chinese, en so vars as moontlik. Dan is daar nog Sushi, wat ook in China gekry word, en wat saam met ‘n verskeidenheid bykosse van natuurlike, vars bestanddele voorberei word. Feitlik geen rooivleis nie.

‘n Vriend wat onlangs in Tokio was, het dieselfde waarneming as ek gehad. Die Japanners wat Amerikaanse ‘gemorskos’ eet, is oorgewig. Soos die meerderheid Amerikaners, die “uitvinders” van gemorskos.

In ‘n stadium was Chinese en Japanners die langslewende mense op aarde. Maar soos die Westerse invloede en “gemorskos” meer gewild geraak het, het hulle afgesak op die lys.

Die Japanners is nog steeds daar, veral op hul eiland Okinawa waar die langslewende mense in die wêreld gevind word en waar hulle net natuurlike en vars kos eet, maar die “hamburger-kultuur” wen veld.

Langslewendheid hang natuurlik ook af van mediese sorg ensovoorts, maar navorsing bewys hoe meer items soos hamburgers, aartappelskyfies, sjokolade, roomys, poedings, pizza’s, vet rooivleis, geprosesseerde vleis jy eet, en natuurlik bier of ander alkoholiese dranke drink, hoe groter is jou kanse om oorgewig te wees, en natuurlik lewensgevaarlike siektes op te doen. Veral as jy nie genoeg oefening kry nie.

Daar sit ek toe by die strand op Ramsgate met al hierdie gedagtes in my kop, my wafel en my boep. Net daar besluit ek om hom vaarwel toe te roep. Dit gaan dalk ‘n lang afskeid wees, maar hy gaan my verlaat. Weens soveel vorige pogings was my vrou se siniese kommentaar egter: “Dag Nella”. Wat dit ookal mag beteken.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead

Some dogs go mad the minute they see the leash, drag their owner out the door and once outside start spinning, leaping about and pulling their humans off their feet.

 
 

Paws

SA stats: The role of pets in families
The top 6 poisonous foods for your pet
Does your dog have separation anxiety?
Fascinating facts about dogs
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.