George Henderson – afstammeling van ‘n Boere-Skot

2017-01-26 06:01
 Foto: johan pretorius George Henderson.

Foto: johan pretorius George Henderson.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GEORGE Diederik Henderson woon reeds 20 jaar op die Suidkus van KZN, en het homself oor hierdie tydperk diep ingegrawe as sakeman, politikus en gemeenskapsleier.

Ek het verlede week by hom gaan besoek aflê in sy stylvolle derde verdieping-wooneenheid in Uvongo met ‘n wonderlike uitsig oor die rivier, strand en see.

Toe ek hom begin uitvra oor sy lewensgeskiedenis, het ek besef George is ‘n ongelooflike veelsydige mens, en iemand met dryfkrag, doelgerigtheid en toegewydheid.

Hy is 63 jaar gelede op Alberton gebore, en het op Vanderbijlpark skoolgegaan waar sy pa by Yskor werksaam was.

Pa Henderson was van Skotse afkoms, maar sy voorsate het vroeër, soos baie ander Skotte wat met boere-meisies getrou het, “ver-Afrikaans”. Afrikaans was dus die Hendersons se huistaal.

Na matriek het George aan die Potchefstroomse Universiteit as onderwyser gekwalifiseer, maar net ‘n rukkie by die Hoërskool Klerksdorp skoolgehou.

“Dit was nooit my doel om my lewe as onderwyser te slyt nie, en het ander beroepsgeleenthede verken,” verduidelik hy.

Henderson word toe ‘n leerling-mannekragbeampte by General Mining op Stilfontein, op 27-jarige leeftyd die jongste mannekragbestuurder in die geskiedenis van die Kamer van Mynwese, en op 32 die mannekragbestuurder van Buffelsfontein, die vlagskip van Gencor.

Hy het ‘n grootse projek om die mannekragbeleid van vier myne te ko-ordineer en moderniseer, ge-inisieer en bestuur. “Ek het egter ervaar dat die omstandighede in die mynwese weens verskeie redes ná 1994 drasties verander het, en was een van die eerstes wat aansoek om ‘n skeidingspakket gedoen het.

“In 1997 het ons Suidkus toe getrek, en het ek en my vrou Jessica die franchise Something Fishy in Margate gekoop, die eerste in KZN,” vertel Henderson.

Dit het so goed gegaan, dat die Hendersons franchises van dieselfde onderneming in Amanzimtoti, Durban-Noord en Phoenix aangekoop het.

George en Jessica is in die proses aangewys as die “Franchise-houer van die Jaar in KZN” deur die Franchise-vereniging van Suid-Afrika.

“Ons het ontsettend hard gewerk, en my vrou was ‘n groot steunpilaar. Sy is die een met die finansiële kundigheid as ‘n B. Com-gegradueerde, en selfs in ons besigheid vandag is sy onmisbaar.”

Dit was ‘n moeilike maar baie suksesvolle periode in hul lewens. Die ondernemings was egter baie suksesvol en die Hendersons het hulle stelselmatig van die hand gesit op die kruin van hul sukses.

Die laaste Something Fishy het hulle in 2003 verkoop, en in 2004 die eiendomsmark betree met die koop van die Margate-franchise van Remax. “Hier was ons ook baie suksesvol, en sedertdien was ons nog elke jaar binne die top drie van Remax-enkelkantoor-ondernemings in KwaZulu-Natal.”

In 2000 sluit Henderson hom by die Demokratiese Alliansie aan, in 2001 word hy voorsitter van die nuutgestigte DA-tak in Margate, in 2002 ‘n proporsioneel-verkose raadslid vir die party in die Hibiskuskus-munisipaliteit, deesdae Ray Nkonyeni, en in 2006 die wyks-raadslid vir Margate.

Verlede jaar word hy die raadslid vir Wyk 19, Uvongo, waar hy woon. Hy is ook sedert 2011 ‘n Ugu-raadslid, en jare lank reeds onder-voorsitter van die kiesafdeling.

Hy is ook die voorsitter en sweep van die DA se Ugu-koukus.

Henderson het ‘n aansteeklike entoesiasme wanneer hy gesels, en hy is ooglopend trots wanneer hy oor sy en Jessica se vyf kinders praat.

Jessica is ‘n SA-rolbalkeurder, afrigter en bestuurder van nasionale robalspanne, en stel nie belang in die politiek nie.

Kinders Albert, Alene en Lourette is in Namibië, George is in Johannesburg in die gasvryheidbedryf, en Jean-Pierre is ‘n uiters suksesvolle ge-oktrooide rekenmeester en nou besturende direkteur van ‘n groot Amerikaanse onderneming.

Henderson se filosofie in die lewe? Elke dag opstaan met doelwitte en beplanning in elke faset van die lewe. Hy het nie tyd om gholf of rolbal te speel nie, want sy werk as wyksraadslid is ‘n voltydse verpligting.

Hy en Jessica is nie gereelde kerkgangers nie, maar as Christengelowiges kyk hulle gereeld na die TV-dienste op Kyknet. Aftree? ‘

“Nee wat. Ek geniet wat ek doen te veel. Veral die politiek.”

Dit was ‘n plesier om by George Henderson te kuier. Angename geselskap, suksesvol, vriendelik en veelsydig.

BLURB
Hy is 63 jaar gelede op Alberton gebore, en het op Vanderbijlpark skoolgegaan
GEORGE Diederik Henderson woon reeds 20 jaar op die Suidkus van KZN, en het homself oor hierdie tydperk diep ingegrawe as sakeman, politikus en gemeenskapsleier.

Ek het verlede week by hom gaan besoek aflê in sy stylvolle derde verdieping-wooneenheid in Uvongo met ‘n wonderlike uitsig oor die rivier, strand en see.

Toe ek hom begin uitvra oor sy lewensgeskiedenis, het ek besef George is ‘n ongelooflike veelsydige mens, en iemand met dryfkrag, doelgerigtheid en toegewydheid.

Hy is 63 jaar gelede op Alberton gebore, en het op Vanderbijlpark skoolgegaan waar sy pa by Yskor werksaam was.

Pa Henderson was van Skotse afkoms, maar sy voorsate het vroeër, soos baie ander Skotte wat met boere-meisies getrou het, “ver-Afrikaans”. Afrikaans was dus die Hendersons se huistaal.

Na matriek het George aan die Potchefstroomse Universiteit as onderwyser gekwalifiseer, maar net ‘n rukkie by die Hoërskool Klerksdorp skoolgehou.

“Dit was nooit my doel om my lewe as onderwyser te slyt nie, en het ander beroepsgeleenthede verken,” verduidelik hy.

Henderson word toe ‘n leerling-mannekragbeampte by General Mining op Stilfontein, op 27-jarige leeftyd die jongste mannekragbestuurder in die geskiedenis van die Kamer van Mynwese, en op 32 die mannekragbestuurder van Buffelsfontein, die vlagskip van Gencor.

Hy het ‘n grootse projek om die mannekragbeleid van vier myne te ko-ordineer en moderniseer, ge-inisieer en bestuur.

“Ek het egter ervaar dat die omstandighede in die mynwese weens verskeie redes ná 1994 drasties verander het, en was een van die eerstes wat aansoek om ‘n skeidingspakket gedoen het.

“In 1997 het ons Suidkus toe getrek, en het ek en my vrou Jessica die franchise Something Fishy in Margate gekoop, die eerste in KZN,” vertel Henderson.

Dit het so goed gegaan, dat die Hendersons franchises van dieselfde onderneming in Amanzimtoti, Durban-Noord en Phoenix aangekoop het.

George en Jessica is in die proses aangewys as die “Franchise-houer van die Jaar in KZN” deur die Franchise-vereniging van Suid-Afrika.

“Ons het ontsettend hard gewerk, en my vrou was ‘n groot steunpilaar. Sy is die een met die finansiële kundigheid as ‘n B. Com-gegradueerde, en selfs in ons besigheid vandag is sy onmisbaar.”

Dit was ‘n moeilike maar baie suksesvolle periode in hul lewens. Die ondernemings was egter baie suksesvol en die Hendersons het hulle stelselmatig van die hand gesit op die kruin van hul sukses.

Die laaste Something Fishy het hulle in 2003 verkoop, en in 2004 die eiendomsmark betree met die koop van die Margate-franchise van Remax.

“Hier was ons ook baie suksesvol, en sedertdien was ons nog elke jaar binne die top drie van Remax-enkelkantoor-ondernemings in KwaZulu-Natal.”

In 2000 sluit Henderson hom by die Demokratiese Alliansie aan, in 2001 word hy voorsitter van die nuutgestigte DA-tak in Margate, in 2002 ‘n proporsioneel-verkose raadslid vir die party in die Hibiskuskus-munisipaliteit, deesdae Ray Nkonyeni, en in 2006 die wyks-raadslid vir Margate.

Verlede jaar word hy die raadslid vir Wyk 19, Uvongo, waar hy woon. Hy is ook sedert 2011 ‘n Ugu-raadslid, en jare lank reeds onder-voorsitter van die kiesafdeling.

Hy is ook die voorsitter en sweep van die DA se Ugu-koukus.

Henderson het ‘n aansteeklike entoesiasme wanneer hy gesels, en hy is ooglopend trots wanneer hy oor sy en Jessica se vyf kinders praat.

Jessica is ‘n SA-rolbalkeurder, afrigter en bestuurder van nasionale robalspanne, en stel nie belang in die politiek nie.

Kinders Albert, Alene en Lourette is in Namibië, George is in Johannesburg in die gasvryheidbedryf, en Jean-Pierre is ‘n uiters suksesvolle ge-oktrooide rekenmeester en nou besturende direkteur van ‘n groot Amerikaanse onderneming.

Henderson se filosofie in die lewe? Elke dag opstaan met doelwitte en beplanning in elke faset van die lewe. Hy het nie tyd om gholf of rolbal te speel nie, want sy werk as wyksraadslid is ‘n voltydse verpligting.

Hy en Jessica is nie gereelde kerkgangers nie, maar as Christengelowiges kyk hulle gereeld na die TV-dienste op Kyknet. Aftree? ‘

“Nee wat. Ek geniet wat ek doen te veel. Veral die politiek.”

Dit was ‘n plesier om by George Henderson te kuier. Angename geselskap, suksesvol, vriendelik en veelsydig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/World
 

Cute pet pictures can improve your relationship!

It’s true! A new study shows animal pics can bring back the spark.

 
 

Paws

7 weirdly awesome pets you can own
Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.