Gestremdheid

2016-08-04 06:00

NOU die dag gesels ek met ‘n dame in ‘n rolstoel.

“Hoe voel dit om gestremd te wees, vra ek?”

Sy bly so ‘n oomblik stil en antwoord: “Die ergste is dat mense dink daar is iets met jou kop ook verkeerd.

“Behandel ons soos enige ander mens, maar sorg net dat daar toegang is vir gestremdes by jul kerke of klubsale.” Toe wonder ek wat is die Christene se algemene houding teenoor gestremdes hier langs die Suidkus? Gestremdheid word meermale gedefinieer vanuit dit wat die persoon nie het nie. Die persoon het byvoorbeeld nie visie nie, of is nie beweeglik nie, is gehoor of verstandelik gestremd. Een van die hindernisse wat gestremdes moet oorkom is juis stigmatisering.

Stigmatisering is wanneer jy iemand beoordeel op grond van vooropgestelde aannames en dan ‘n “etiket” om daardie persoon se nek omhang. Onlangs vertel ‘n MIV positiewe en gestremde mens hoe iemand uit die veld geslaan was toe hulle hoor sy is swanger.

Die sosiale wetenskappe definieer mense met gestremdheid as diegene met ’n langtermyn- fisiese, verstandelike, intellektuele of sensoriese gestremdheid wat keer dat hulle effektief en op gelyke vlak met ander in die samelewing funksioneer. Al hierdie definisies fokus op die onvermoë of tekortkominge van die persoon. Tog is elke mens met ’n gestremdheid steeds volkome mens – waardige ontvanger van die liefde van God. Die persoon met gestremdheid het immers dieselfde basiese behoeftes as elke ander mens aan veiligheid, versorging, liefde en aanvaarding. Hulle is ook niks anders as mede beelddraers van God nie, deur God geliefd en gewil om deel van sy liggaam op aarde te vorm.

In die gelese gedeelte in Johannes 9 het ons ook te make met die stigmatisering van die blinde man. Jesus se dissipels was oortuig dat hy of sy ouers gesondig het en dat dit die rede was vir die man se gestremdheid of blindheid. Jesus hanteer die persoon anders. Jesus sê dat die blinde se gestremdheid daartoe gedien het om Israel se geestelike blindheid aan die kaak te stel. Uiteindelik open Jesus hierdie blinde se oë. Jesus beskou mense met gestremdheid as gelykes. Deur Sy kruisdood word ongelykhede tussen mense immers uitgewis. Gestremdes is immers ook Christus-volgelinge. Christene behoort sensitief te wees teenoor mekaar en alle mense. So behoort ons sensitief te wees vir gestremdes se behoeftes. Is jou kerk, kantoor, winkel, huis, ingerig om mense met gestremdhede te akkommodeer? Sien jy neer op mense met gestremdheid, of behandel jy hulle as medebroers en susters in die Here?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.