God met ons

2017-02-02 06:01

WANNEER mens deur moeilike tye gaan, soos ernstige siekte, ‘n groot verlies, ‘n huisroof, of ‘n motorongeluk, ervaar jy verskillende reaksies. Dit sal van mens tot mens verskil, en niemand ervaar verlies op dieselfde wyse nie.

Dit manifesteer dikwels is skokreaksies soos: “Dit kan nie met my gebeur nie.”

Soms gaan mens selfs deur ‘n fase van ontkenning. Jy voel dat jy gaan wakker word en dat dinge weer gaan wees soos dit was. Jy kan byvoorbeeld kwaad wees vir die Here, of vir iemand anders of selfs vir jouself. Soms probeer jy met die Here onderhandel en belowe jy Hom alles as Hy maar net hierdie onaangename werklikheid sal wegneem. Die proses van aanvaarding kom dikwels na ‘n tyd van worsteling. Hoe dit ookal sy, die vraag wat onwillekeurig by gelowiges opkom is: “Gee die Here nog om?”

Een van die Bybelkarakters wat deur ‘n moeilike tyd in sy lewe gegaan het was Josef. Ons ken sy storie van kleins af. Die bedorwe brokkie wat nuus aangedra het van sy broers. Uiteindelik word hy deur sy eie familie as slaaf verkoop en land hy onskuldig in die tronk. Wat alles deur Josef se kop gegaan het word ons nie meegedeel nie. Al die emosionele of liggaamlike reaksies het hy waarskynlik beleef wat ons hierbo beskryf het.

Die Bybel is egter nie ‘n wetenskapshandboek of boek oor die psigologie nie. Die Bybel is onder andere ‘n troosboek.

Een sinnetjie wat herhaal word in die Josefsverhaal (Genesis 39-45) is die woorde: “Die Here was by Josef.” God was met Hom, en dit het hom deurgedra, deur die donker put waarin sy broers hom gegooi het, deur die tyd as slaaf in Potifar se huis en in die eensame tronk- jare. Ek weet nie waardeur jy nou gaan in jou lewe nie, maar die Here weet. Indien jy glo in Jesus Christus wat die kruis verduur het sonder om vir die skande daarvan terug te dien, mag jy glo dat Hy by jou is. Elke dag van die jaar. Mag die Here by jou wees en jou deur die skadu na die lig lei.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.