Graadeens tref goeie geluk

2016-02-11 06:00
Foto: verskaf Wynand Smith saam met die kinders en Juffrou Veronica Marks, die graadeenhoof.

Foto: verskaf Wynand Smith saam met die kinders en Juffrou Veronica Marks, die graadeenhoof.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE eerste skooldag kan baie intimiderend vir nuwe leerlinge wees, maar vir 13 graadeens van Suid Natal Primêre was daar baie opwinding. Solidariteit Helpende Hand se Port Shepstone-tak het skooltassies aan die 13 behoeftige leerders gegee.

Helpende Hand se Port Shepstone-tak is al lank by Suid Natal Primêre betrokke en het die geleentheid baie geniet.

“Dit was baie lekker om die verbasing op die kinders se gesiggies te sien toe hulle die tassie kry en oopmaak en sien wat in die tassies is,” sê Wynand Smith, takbestuurder by die Helpende Hand Port Shepstone-tak.

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, glo die organisasie dat armoede die hoof gebied kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graadeens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry.

“Graadeens is die bank waarin ons ons geld belê,” het dr. Brink aan die leerders gesê. “Ons rente is hulle suksesvolle toekoms as dokters, onderwysers en rugbyspelers.”

Die Skooltassieprojek is nou in sy tiende jaar en het al bykans 26 000 kinders gehelp deur ’n skooltassie met die nodigste skoolbehoeftes aan hulle te verskaf. Vanjaar word 4 762 skooltassies aan behoeftige kinders oor die land heen uitgedeel.

Helpende Hand het ? opname gedoen onder meer as 200 skole wat in 2016 tassies gaan ontvang. Dit het duidelik geword dat ’n gebrek aan perseptuele en motoriese vaardighede die grootste rede vir uitvalle onder graadeens is. Om motoriese vaardighede aan te help, het Helpende Hand Unifix-blokkies ingesluit. Daarby word kinders se perseptuele vaardighede verbeter deur die legkaart en wit skryfbord wat ookby die tassie ingesluit is.

Vir meer inligting oor Helpende Hand, of om by die Port Shepstone-tak betrokke te raak, kontak Wynand Smith by 082 925 6153. Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede. - Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.