Haaie ... koelbloedige moordmasjiene? Of is dit onkunde?

2017-04-27 06:01
Haaie ontlok talle emosies by mense ... behalwe die vrees, word hulle in sommige kringe as bloeddorstige ‘moordmasjiene’ beskou, terwyl bewaringsbewustes meen hulle moet met alle mag beskerm word om die oseane se ekologiese ewewig te red.FOTO: verskaf

Haaie ontlok talle emosies by mense ... behalwe die vrees, word hulle in sommige kringe as bloeddorstige ‘moordmasjiene’ beskou, terwyl bewaringsbewustes meen hulle moet met alle mag beskerm word om die oseane se ekologiese ewewig te red.FOTO: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


HAAIE is waarskynlik die dier op aarde wat die meeste emosies in mense wakker maak, hoofsaaklik vrees. Dit maak nie saak of jy die fliek Jaws gesien het of nie.

Hand-aan-hand met die vreesgevoel, is daar ‘n afsku in haaie by baie mense, weens ‘n verskeidenheid van redes. Vissermanne wêreldwyd verpes hulle, want haaie vreet hul vangste voordat die visse aan boord gebring kan word. Ook hier by ons Protearif-hengelaars is daar geen liefde vir haaie nie, en is daar gereeld bekgevegte tussen hulle en diegene wat hul beywer vir die bewaring van haaie.

Ander mense hou niks van hulle nie bloot omdat haaie “wreed is en mense aanva”. Soos ons ook verlede week ervaar het toe baie min van ‘n duiker se liggaam gevind is nadat hy tydens ‘n duik-ekspedisie by die Protearif verdwyn het en ooglopend deur ‘n haai beetgekry is.

Met die skryf van hierdie berig was dit nog nie duidelik of hy deur die haai aangeval is, en of hy weens ‘n ander rede gesterf het en die haai hom later beetgekry het nie.

Dan is daar die mense, en wêreldwyd is hulle ‘n sterk en invloedryke drukgroep, wat hulle beywer vir die bewaring van haaie weens hul onmisbare rol in die ekologie van die oseane, maar veral omdat so baie van hulle uitgeroei word om byvoorbeeld die vraag na haaivinsop te bevredig.

Hulle word gevang, hul vinne afgesny en teruggegooi in die oseaan, waar hulle dan natuurlik ‘n wrede dood sterf. Mense en organisasies verskil oor die getal haaie wat jaarliks op aarde uitgewis word. Sommige hou vol dis maklik ‘n miljoen, maar die syfers wat ek op die internet kon opspoor is almal nader aan tussen 100 en 200 duisend.

Of ‘n mens nou van haaie hou of nie, dis ‘n totale onaanvaarbare syfer, en marine-deskundiges voorspel indien die situasie nie beter beheer word nie, gaan dit die oseane se ekologiese ewewig totaal versteur.

Oral op aarde is daar organisasies en mense wat hul beywer vir die bewaring van haaie, en ‘n heel ander benadering het teenoor hulle.

Ook hier op Shelly Beach is Roland en Beulah Mauz groot haai-liefhebbers wat alles in hul vermoë doen om mense bewus te maak van hoe belangrik dit is om haaie te bewaar, en om hulle nie te beskou as peste van die see wat voor die voet uitgeroei moet word nie.

Haaie is deesdae ook ‘n groot aantrekkingskrag vir mense wat hulle in hul natuurlike omgewing wil sien. Hier aan die KZN-suidkus is ‘n hele paar ondernemings wat haai-entoesiaste in staalhokke onder die see in laat sak, die diere met aas lok om hulle so na as moontlik aan die mense te kry.

Dis ‘n aktiwiteit in Suid-Afrika wat veral aan die Kaapse kus baie gewild is. Ander duik-ondernemings gebruik nie hokke nie, maar duik bloot in groepe nadat haaie gelok is met kos, die sogenaamde “chum”-metode. Kritici hiervan meen die haaie word gewoond gemaak om so kos te kry en dit verander hul natuurlike gewoontes. Ook dat hulle gelok word waar daar byvoorbeeld baie branderplank-ryers is.

Hoe dit ookal sy, die meningsverskille oor haaie loop wyd en diep, te veel om in ‘n berig soos hierdie te hanteer. Daar is selfs mense wat meen haaie is nie gevaarlik nie as mense hul net reg benader ... hier was onlangs ‘n “kenner” uit die buiteland wat hom beywer vir die verwydering van haainette by strande omdat hy oortuig is dis onnodig. Ewenwel, wat wel bemoedigend is, is dat mense oral meer bewus word van die belangrikheid om haaie van uitroeiing te red.

My eie beskeie mening is egter dat mense wat die see ingaan om hulle te gaan waarneem, ook baaiers by strande en branderplankryers baie versigtiger moet wees. Daar word jaarliks tientalle mense wêreldwyd, ook hier in Suid-Afrika, haai-slagoffers, veral brandplankpryers.

Ewenwel, vir my bly ‘n haai ‘n haai, veral ‘n grote wat elke dag baie kos moet eet. En die aanspraak van haai-liefhebbers dat hulle onderwater onskadelik is indien hul reg benader word, sluk ek swaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

French Bulldog helps kids with facial differences

Lentil Bean is a french bulldog who was born with a severe cleft nose, lip and palate.

 
 

Paws

Weird things dogs do
Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.