Haaie oor 30 jaar uitgesterf?

2016-06-30 06:00
  Photo:

Photo:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOOS die meeste van ons weet, is daar min lewende wesens wat soveel vrees inboesem as ’n haai, en wat soveel mengsverskil onder mense veroorsaak. Daar is dié van ons wat vra waarom natuurbewustes hulle nog verwerdig om so ‘n moorddadige seebewoner te beskerm. Dan is daar dié soos Roland Maus van African Dive Adventures hier aan die Suidkus wat passievol is oor die bewaring van haaie, en oortuig is daarvan dat hul dalende getalle ‘n groot gevaar inhou vir die balans van die ekologie in die wêreld se oseane.
The “Silence of the Sharks” veldtog hier in Suid-Afrika en elders, doen ontsaglik baie om mense bewus te maak van die slagting onder die wêreld se haaie.

Die uwe het onlangs ‘n verslag onder oë gehad wat ‘n jaar gelede deur gesaghebbende navorsers in Mexiko opgestel en deur die internasionale tydskrif Ontwaak gepubliseer is. Die prentjie wat hulle skilder, is donker. Die navorsers het bereken wêreldwyd vind daar jaarliks gemiddeld sowat 75 onuitgelokte haai-aanvalle op mense plaas, waarvan sowat 10 noodlottig is. Sowel die wye publisiteit wat aan hierdie aanvalle gegee word, as die negatiewe indruk wat in rolprente geskep word, laat mense die haai bloot as ’n mensvreter beskou.
Die bewaringsbewutes sê haaie moet natuurlik met respek behandel word. En om die saak in perspektief te stel, verklaar hulle, baie meer sterftes word deur bysteke en krokodille as deur haai-aanvalle.

Die haai se grootste bedreiging is die mens.
“Elke jaar word 100 miljoen haaie gevang - so baie dat as ons hulle agter mekaar sou neerlê, hulle vyf keer om die aarde sou gaan,” berig ’n navorser verbonde aan die organisasie Argus Mariner Consulting Scientists in die tydskrif Premier.
As ’n mens byreken dat haaie se voortplantingstempo van nature laag is, dat hulle lank neem om volwassenheid te bereik en dat hulle lang draagtye het, tesame met die feit dat hulle broeiplekke besoedel word, is die gevolg ’n haaibevolking wat vinnig krimp.
Wanneer dit eers ’n kritieke punt bereik, sal dit jare neem om dit weer op te bou. Van die meer as 300 haaispesies, word is 32 met die skryf van die verslag, met uitwissing bedreig.

Die meeste haaie word vir hulle vinne gevang, wat baie gesog is onder sommige Asiërs omdat dit glo geneeskragtige en geslagsprikkelende eienskappe het.* Haaivin-sop is ’n duur keurgereg wat tot R1 000 per bord kan kos. Die groot aanvraag deur die winsgewende Asiatiese mark het gelei tot die wrede en kwistige gebruik wat as “haaivinnery” bekend staan - die vinne van ’n lewende haai word afgesny, en dan word die haai teruggegooi in die see, waar dit van honger sterf of verdrink.

Behoort ons bekommerd te wees oor die haaikrisis? Die navorers erken dis dalk moeilik om dieselfde simpatie vir haaie te hê as vir olifante of walvisse. Maar ons moet die noodsaaklike rol erken wat haaie daarin speel om die ekologiese balans van die oseane te handhaaf.

Die vang van haaie word in talle lande nie gereguleer nie. Onlangs het Mexiko, ’n land wat meer as 30 000 ton haaie per jaar vang, ’n wet uitgevaardig wat haaivinnery verbied, nadat die saak 10 jaar lank betwis is.
Nog ’n probleem is dat die aanvraag na haaivinne gelei het tot die toename van onwettige vissery in mariene-reservate in verskillende wêrelddele. Byvoorbeeld, die direkteur van die Galápagos - Nasionale Parkdiens sê: “Onwettige haaivinnery in die Galápagos het in die afgelope paar jaar drasties toegeneem. Dit is baie winsgewend en het ’n mafia hier laat ontstaan.”

’n Positiewe stap is wel gedoen om haaie te red - haaivinnery is deur sommige lande verbied. Maar Charlotte Mogensen, ’n beleidsamptenaar vir die Wêreld-natuurfonds, waarsku dat baie meer nodig is.
“Haaie is nog steeds regoor die wêreld in gevaar. Ons spoor alle visvangowerhede aan om nie net haaivinnery te verbied nie, maar ook om dataversamelingstandaarde aan te neem, byvangs te verminder en volhoubare kwotas in te stel.”

Of dit wel sal gebeur, sal net die tyd leer. Intussen word die haaie in ons oseane alhoe minder.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.