Hedonisme

2017-01-26 06:02

DIE woordjie “hedonisme” is dalk so effens vreemd op die oor. Dis egter ‘n lewensfilosofie dat die najaag van plesier en geluk, sonder pyn natuurlik, die hoogste doel is om na te strewe. Dit propageer die idee dat elke mens die reg het om die hoogste geluk moontlik na te jaag. Soms slaag sekere advertensies daarin om hierdie lewensfilosofie by mense tuis te bring.

‘n Goeie advertensie is een wat slaag om die verkoopsyfers op te stoot. Daarmee is op sigself niks verkeerd nie, want die ekonomie se ratte kort deesdae so bietjie olie.

Dit word egter ‘n probleem as jy jouself definieer in terme van wat jy besit of nie besit nie.

Die teenoorgestelde van hedonisme sou seker masochisme wees wat pyn najaag omdat dit weer ook ‘n sekere mate van bevrediging bied aan sekere mense. Dink maar aan die term “hy is ‘n regte smartvraat”.

Die Bybel is egter nie teen begeertes as sulks nie. Ons is geskep met sintuie soos hoor, smaak, reuk, sig en tas. Hiermee gee God aan ons die vermoë om die lewe te geniet, voluit te geniet, volgens die bedoeling van ons Skepper.

Lekker kos, nuwe omgewings, die seksuele, mooi musiek, is alles daar vir ons gegee om te waardeer. Dit wat mooi is kan egter nie geniet word sonder dat jy aan die Skepper die eer gee vir dit wat hy aan jou skenk om vreugde te kan hê nie.

God is immers die bron van alles wat mooi en goed is. U hoef dus nie hierdie jaar van ‘n stukkie droeë brood elke dag te leef nie. U hoef u nie te onthou van ‘n glasie goed beleë wyn nie.

Geniet die jaar wat vir u voorlê, wees dankbaar vir al u seëninge. Wees egter ook geduldig in beproewing. Onthou die wyse Prediker (11:9) se woorde: “Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou sal rekenskap eis oor alles nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
Travel Dreams? Where would you rather be right now?

Partnered: Whether you're missing family overseas, dreaming of family adventures or romantic hideaways we all have that one place we'd rather be right now - but have you thought about the best way to get there?

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.