Het jou voertuig ‘siel’?

2016-08-18 06:00
Eenvoudig en basies ... maar met ‘siel.’ Foto: JOHAN PRETORIUS

Eenvoudig en basies ... maar met ‘siel.’ Foto: JOHAN PRETORIUS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ELKE nou en dan beleef elke mens ‘n geleentheid waar hy of sy skielik jonger voel, deur ‘n golf nostalgie uit die verlede getref word en tergelykertyd ‘n lewenswaarheid herontdek. Dit het voorverlede Sondag met die uwe gebeur tydens die Seepkiskar-wedrenne op die renbaan van Dezzi Gutzeit.

Talle deelnemers het ooglopend baie moeite gedoen het met die ontwerpe van hul seepkiskarre, oftewel kaskarre. Die goed-ontwerpte karre, mooi en met gesofistikeerde remstelsels, was die vinnigste en meesal eerste oor die wenstreep. Mooi om na te kyk en te bewonder, maar sonder iets baie belangrik. Iemand wat ‘n ou motor het sal presies weet wat dit beteken.
Die uwe het ‘n Volkswagen Kewer uit die middel-sestigs, en hoewel die ontwerp stok-oud en die motortjie bloot ‘n basiese vervoermiddel is, hoef jy net die sleutel te draai. Wanneer daardie plat viersilinder-enjintjie begin luier, begin iets met jou praat. Sy “siel”. Ry met hom op die lang pad terwyl almal by jou verby vlieg en die kragbron gelukkig in sy stert sing, met die klein voorvenstertjie oop na agter gedraai as “lugreëling”, en die petrolwyser heen en weer saam swaai met die petrol in die tenk, dan voel jy die ‘siel’ soos ‘n spook by jou. Iets wat nog nooit met my in ‘n moderne BMW, Mercedes of wat ookal gebeur het nie.

By die outydse kaskarre was dit Saterdag dieselfde. Die nostalgie het my oorval want dit was presies hoe ons die karre as kinders gebou het. Met “siel”.‘n Houtkas op ‘n lang stuk hout, met ‘n korter stuk aan die voorkant vasgebout en growwe stukke tou om mee te stuur. Klein wielietjies, want destyds was fietswiele feitlik onbekombaar en in elk geval te duur.
Hierdie wieletjies en hul aste was meesal afkomstig van ou kinderwaentjies, en indien jou eie kinderwaentjie nie meer bestaan het nie of nog te bruikbaar was, het jy op die ashope rondgesnuffel vir ou kinderwaentjie-wiele. Kaskarwiele was destyds hul gewig in goud werd, en al het jy verskillende soorte wiele gehad, het dit nie saak gemaak nie, solank die voorste twee wiele en die agterste twee dieselfde grootte was. Ons het wiele uitgeruil totdat jy so na aan die ideaal as moontlik gekom het. Remme? Net sissies het remme probeer aanbring.
Ons het die afdraendes uitgesoek waar jy aan die einde skielik links of regs gedraai het en teen ‘n skuinste tot stilstand geruk is. Dikwels het ‘n wiel afgeval omdat die stopspyker teen die wasser aan die einde van die as nie ver genoeg omgebuig was nie, en moes ma bloeiende elmboë met Dettol dokter.

Saterdag was my ondersteuning en oë op hierdie basiese kaskarre. Van hulle is ooglopend deur die jong bestuurder en/of ‘n ouer self gebou sonder om baie geld op ingenieursvernuf of gesofistikeerde onderdele te bestee. Soos in die ou dae. Geeneen van hulle was eerste oor die wenstreep nie, maar soos met my Kewer, het dit nie saak gemaak nie. Want hulle het “siel” gehad.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.