Heuning- en hommelbye – sterf hulle uit? Heuning- en hommelbye – sterf hulle uit?

2016-11-03 06:01
 PHOTO:

PHOTO:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AS ‘n liefbebber van heuning het die uwe oor die afgelope paar jaar kennis geneem van die wêreldwye kommer oor die toekoms van bye.

In internasionale tydskrifte en op televisienetwerke was daar gereeld berigte oor hoe bye in Amerika en elders vrek, maar nooit het die werklikheid deurgedring dat dieselfde blykbaar geruime tyd reeds hier in Suid-Afrika gebeur nie.

‘n Plaaslike koerant het onlangs daarna verwys, en ‘n gesprek met ‘n Suid-Afrikaanse byeboer het my so bietjie navorsing oor die saak laat doen.

My eerste indruk is dat dit ‘n saak met vele fasette is, met verskillende, soms uiteenlopende, menings op verskillende plekke en deur deskundiges. Albert Einstein het blykbaar gesê indien die by van die aarde af verdwyn, sal die mens net sowat vier jaar lewe.

CNN het onlangs inligting gepubliseer dat Amerikaanse heuningby-kolonies teen ‘n onstellende tempo vrek. Sedert 2007 het alle bye-kolonies elke winter in Amerika met 30% gekrimp. Wilde- oftewel hommelbye se toekoms is ook in gevaar. CNN wys daarop dat heuning- en hommelbye die belangrikste bestuiwers van vrugte en groente is.

Van die 100 plantsoorte wat 90% van die wêreld se voedselvoorraad uitmaak, word 71% deur bye bestuif. Bye besoek blomme omdat hulle moet eet. Die bye kry al die proteïne wat hul benodig uit blom-stuifmeel, en al die koolhidrate uit blomme-nektar. Soos hulle van blom tot blom vlieg, pak stuifmeel op hul harige lywe saam, en die bestuiwingsproses gebeur outomaties.

Van die grootste vyande van heuning- en hommelbye in Amerika is insekdoders. Vyftig jaar gelede het bye gesonde lewens gelei omdat daar oorgenoeg blomme was om van te lewe, en geen insekdoders nie. Deesdae is daar oral insekdoders op plante. Daar is ook ander redes vir die vrektes soos krimpende habitatte, virusse, swak voedingswaarde in plante, genetiese redes en selfs selfoon-torings.

Hier in Suid-Afrika is die kommer ewe groot. ‘n Onlangse artikel in die Mail and Guardian lui dat ‘n siekte besig is om hele kolonies bye en -korwe in sleutelgebiede in Suid-Afrika uit te wis. Mike Allsopp van die Landboukundige Navorsingsraad sê “ons is iewers tussen ‘n krisis en ‘n katastrofe”.

Hy waarsku reeds die afgelope 20 jaar teen die verdwyning van die Afrika-by, en pleit dat die owerheid meer aandag aan die probleem gee. Niemand het tot dusver geluister nie omdat die byebevolking in Suid-Afrika nog altyd alle siektes van buite af oorleef het. Omdat die Afrikaby geharder is as enige ander by-spesie, het Suid-Afrikaanse byeboere oorgerus geword en min beplanning is vir die uitbreek van siektes gedoen.

Op die oomblik is die groot probleem ‘n bakterie wat die Amerikaanse “foulbrood disease” (ek kon nie ‘n Afrikaanse naam daarvoor opspoor nie) veroorsaak, en wat verlede jaar 40% van die bye in Wes-Kaapland laat vrek het.

Die bakterie word deur larwes in by-kolonies ingeneem. Die bakterie groei en die bye vrek. Ander bye word besmet en versprei sodoende die bakterie.

In Amerika behandel byeboere besmette kolonies met anti-bakteriële middels. Dit hou die bye produktief, en verhoed die onmiddellike uitbreek van “foulbrood”.

In Suid-Afrika is daar egter meningsverskil. Volgens die artikel in die Mail and Guardian wil sommige bye-boere nie anti-biotika gebruik nie as gevolg van die inherente gevare daarvan, terwyl baie ten gunste daarvan is om hul verpligtinge na te kom.

‘n Byeboer van Wes-Kaapland, Brendan Ashley-Cooper, se oplossing is om bye wat die simptome toon, onmiddellik dood te maak. Hy het sodoende sy verliese tot een persent beperk.

Hoe dit ookal sy, hierdie probleem gaan nog lank met ons wees, en sowel byeboere as wetenskaplikes is hard aan die werk om oplossings te probeer kry.

In ‘n wêreld sonder heuning sal die mens nog kan oorleef, maar nie in ‘n wêreld sonder bye nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.