Hibiskusfees by Suid-Natal Primêr

2016-03-10 06:00
Foto: verskaf Die hoogtepunt van die fees is ongetwyfeld twee optredes deur die sanger Steve Hofmeyr (bo), Vrydag 11 en Saterdag 12 Maart in die saal van die Hoërskool Suid-Natal.

Foto: verskaf Die hoogtepunt van die fees is ongetwyfeld twee optredes deur die sanger Steve Hofmeyr (bo), Vrydag 11 en Saterdag 12 Maart in die saal van die Hoërskool Suid-Natal.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VIR die Primêre Skool Suid-Natal is die drie dae 10, 11 en 12 Maart iets baie spesiaal. Dit is wanneer die skool sy Hibiskusfees 2016 hou, en dis duidelik dat niks ontsien is om hierdie fees die “moeder” van alle feeste te maak nie.

Die verrigtinge begin vandag (Donderdag) in die saal van die Hoërskool Suid-Natal met ‘n talentfees vir kore en individue. Kos sal van ses-
uur die aand af te koop wees, en die konsert begin om half-sewe. Die koste is R20 vir volwassenes en R5 vir skoolkinders.

Die hoogtepunt is ongetwyfeld twee optredes deur die sanger Steve Hofmeyr, Vrydag 11 en Saterdag 12 Maart in die saal van die Hoërskool Suid-Natal. Die deure vir albei konserte open om kwart-oor sewe die aand. Die koste is R120 per persoon, en daar is bespreekte sitplekke beskikbaar. Kos sal van ses-uur af te koop wees. Die Hoërskool Suid-Natal se adres is Unitystraat 12, Port Shepstone.

As daar nou een Afrikaanse kunstenaar is wat geen bekendstelling nodig het nie, is dit Hofmeyr. Hy is ‘n kontroversiële figuur - skrywer, kunstenaar, TV- en film-akteur, en kultuur-aktivis. Bowenal is hy een van die ikoniese en bekendste Afrikaanse sangers, en is sy vertonings uiters professioneel. Sy twee konserte is gulde geleenthede vir die mense van die Suidkus om hierdie top-sanger in aksie te sien, wat ongetwyfeld liedjies van sy jongste CD, If You Could Read My Mind, ‘n “country”-versameling, sal sing. Sy mega-treffer Pampoen is waarskynlik ook op die lys. Konserte om nie mis te loop nie.

Die fees sluit Saterdag af met ‘n Hibiskus-familiedag by die Laerskool Suid-Natal wat spesiaal gereël is vir gesinne om hulself te gaan bederf en ‘n genotvolle dag saam te hê. Die hekke open om 10 uur die oggend. Die toegang is R5 per persoon, en R20 per motor wat binne parkeer word. Die attraksies is amper te veel om op te noem - ‘n potjiekoskompetisie (geen inskrywingsfooi, maar die potjie moet geskenk om verkoop te word), spookhuis, vlooi- en kunsmark, speelgrond, tombola, water-glybane en -balle, viertrek-motorfietse, springkastele, kunstenaars, lekker kos en netbal- en vlugbal-wedstryde. Ouers en sake-ondernemings kan inskryf teen R10 per speler. Suid-Natal Primêr is in Prince Olafstraat, Port Shepstone.

Inskrywings vir die potjiekos-kompetisie kan by Natashia van der Riet by 031 305 8831 of 082 359 4005 ingedien word. Ander besonderhede kan verkry word by Wim by 076 549 8941 of Annelize by 039 682 6220.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.