Hoe hanteer ‘n mens ‘n padblokkade? Wat is jou regte?

2017-09-07 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


n VRIEND het voorverlede week ‘n onaangename ervaring in ‘n padblokkade net buite Durban gehad, en dit het by ‘n sosiale geleentheid ter sprake gekom nadat hy ‘n prokureur om raad gaan vra het. Toevallig stuur Wessel Pretorius van AfriForum Margate ‘n paar dae later riglyne uit oor wat om te doen wanneer jy in so ‘n situasie beland.

Die bron is Maroelamedia, en die outeur is Heinz Gonzales, die risiko- en ondersteuningbestuurder by die burgerregte-organisasie AfriForum se afdeling vir gemeenskapveiligheid. Die uwe het Gonzales se riglyne opgesom vir die doeleindes van die berig, hopelik sonder dat iets verlore gaan.

Gonzales beklemtoon dit dat jy altyd jou samewerking aan die wetstoepassingsbeampte moet gee. Al meen jy die beampte tree ongrondwetlik op, werk saam en notuleer die defekte in die proses.

Hoe meer foute, hoe groter die skade wat jy in ‘n siviele saak kan terugeis. Die goue “ruggraat” van die strafprosesstelsel is in art. 35 van die Grondwet.

Lede van wetstoepassingstrukture moet binne die raamwerk van die wet optree, anders word jou grondwetregte geskend.

Gonzales stel ‘n vyfpuntplan voor in die volgende hipotetiese situasie:

Jy is op pad huis toe nadat jy by ? sake-ete was. Jy is omgekrap want ? dronk persoon het jou aangeval in die parkeergebied op pad huis toe. Jy het die aanval afgeweer binne die grense van wetgewing, en in jou voertuig geklim en gery. Die SAPD trek jou by ? padblokkade af, wat nou?

• Indien jy by ? padblokkade afgetrek word, gee jou samewerking. Kry jou voertuiglisensie en vuurwapenlisensiekaart reg indien van toepassing. Bly kalm en draai jou ruit af en gesels met die beampte. Onthou, wees altyd hoflik en gee jou samewerking. In terme van art. 35 van die Grondwet is dit jou grondwetlike reg om te swyg. Dit beteken dat jy nie verplig is om enige verklarings en/of erkennings af te lê nie.

Voorbeeld: “Goeienaand meneer, ons het inligting ontvang dat u vanaand iemand by ? kroeg in ? kuierplek na bewering aangeval het. Dra u kennis van die voorval? Jou antwoord: Ek wil eers met my prokureur konsulteer voordat ek ? verklaring aflê.”

• Indien die beampte jou arresteer, het hy of sy die verpligting kragtens art. 35 om jou in te lig oor jou swygreg. Indien jy ? verklaring aflê kan dit later teen jou as getuienis in die hof gebruik word. Jy kan jou prokureur telefonies te kontak om jou te kom bystaan. Teken geen dokumente en lê geen verklarings af voordat jy met jou prokureur gepraat het nie.

Onthou: Indien jy afgetrek word deur ? wetstoepassingsbeampte, is jy verplig om kragtens art. 41 van die Strafproseswet jou volle name en adres te voorsien. Indien jy weier en/of vals inligting verskaf, kan die beampte jou onmiddellik sonder ‘n lasbrief arresteer sonder en tot en met 12 uur in aanhouding hou totdat jou adres en naam bevestig is.

Laasgenoemde kan lei tot kriminele vervolging en skuldigbevinding met ? boete wat nie R300 of drie maande gevangenisstraf oorskry nie.

• Die onderliggende beginsel hier is dat die verpligting op die staat lê om te bewys dat jy skuldig is aan ? betrokke misdryf. Jy as gearresteerde het nie die verpligting om jouself onskuldig te bewys nie.

Hiermee geniet jy die vermoede van onskuld soos vervat in die art. 35(3)(h) van die Grondwet.

Die versuim deur die beampte om hierdie regte aan jou te verduidelik, kan lei tot die uitsluiting van ongrondwetlike getuienis kragtens art. 35(5) van die Grondwet. Hierdie artikel moet nie as absoluut beskou word nie, aangesien die hof steeds geregtig is om sy diskresie hierin uit te oefen.

• By die polisiestasie sal die polisiebeampte jou in die aanhoudingselle aanhou totdat jou prokureur arriveer. Jy moet 100% eerlik wees met jou prokureur. Indien jy twyfel, vertel jou prokureur. Hierdie gesprekke is ingevolge regsprivilegie vertroulik tussen julle.

• Ná die konsultasie kan jou prokureur jou help met die opstel van ? beëdigde verklaring oor presies wat gebeur het en jou verweer. Jy onderteken die dokument, en jou prokureur kan besluit om dit in die polisiedossier te liasseer om jou verweer te openbaar. Hierna sal die Staat besluit of hy jou gaan aankla of nie. Jou prokureur sal die proses begin vir aansoek om borgtog indien nodig. Die uitgangspunt is dat geregtigheid in dié proses moet seëvier, ongeag jy die misdryf gepleeg het of nie.

Gonzales stel voor dat jy as algemene voorsorgmaatreël ‘n goeie spesialis-strafregprokureur in jou omgewing identifiseer en sy nommer op jou selfoon hou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.