Impak

2017-03-23 06:02

DAAR is mense wat ‘n impak maak op andere. Hulle nalatenskap is blywend. Miskien dink jy aan mense soos Ghandi of moeder Teresa, of dalk net aan jou pa of ma of onderwyser. Elkeen van hulle het ‘n blywende indruk op jou lewe gelaat. Mense wat ‘n impak maak op andere, is mense wat werk met die uitgangspunt, “wat kan wees, wat kan word?”

Hulle beïnvloed ander ten goede. Matteus 4: 18-21 vertel vir ons dat Jesus Christus ‘n impak op die wêreld kom maak het, deur vissermanne te roep om Hom hierin na te volg. Vissers kan jou alles vertel van hoe jy moet wag vir die regte wind om op te kom, of watter hengeltegniek die beste werk, oor hoe jy jou werpnette vol visse kan maak.

Jesus beloof om die wat Hom sou volg, te leer hoe om koninkryksvissers te wees, hoe om mense te betrek by God se nuwe wêreld.

Dit beteken dat my lewe impakteer op andere. Ek word ‘n navolger van Jesus Christus wat by Hom leer dat die was van andere se voete meer vrug lewer as die was van ander se koppe. Ek leer by Hom dat deernis met gevalle, gebroke mense meer vrug lewer as om hulle af te skryf. Ek leer by Jesus dat genade ‘n groter uitwerking op mense het as veroordeling. Dit is tog die grondbeginsels van God se nuwe wêreld.

As ek en jy as navolgers van Jesus ‘n impakspeler in hierdie wêreld wil wees, sal ons moet leer om soos ‘n goeie visserman te volhard om ons treknette uit te werp en mense in te nooi na God se nuwe wêreld. ‘n Goeie visserman is geduldig, want môre byt die vis dalk. ‘n Goeie visserman verander sy aas as die vis nie byt nie. Volgelinge van Jesus is aanpasbare mense. ‘n Goeie visserman sal nie onnodig die aandag op homself trek nie. Jy wil nie die vis afskrik nie.

Wil jy ‘n impak maak op mense? Is daar iemand wat jy wil intrek in God se nuwe wêreld? Hou aan om uit te reik na andere. Verander jou aanslag. Fokus die aandag op Christus. Die vis sal weldra byt.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.