Interessante inligting oor Suidkus

2016-03-03 06:00
Eugene Rautenbach, Christiana Muller, Dané Botha en Marian Pieterse. Fotos: johan pretorius

Eugene Rautenbach, Christiana Muller, Dané Botha en Marian Pieterse. Fotos: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE skrywer van die boek Sugar and Settlers: A History of the Natal South Coast 1850-1910 het sy insigte en navorsing gedeel op die onlangse algemene vergadering van die Afrikaanse Handels-instituut se Laer-Suidkustak in die Port Shepstone-buiteklub. Dr Duncan du Bois het met allerlei interessanthede vorendag gekom, en verskeie van die aanwesiges se persoonlike belangstellings geprikkel.

Mike Hanson van die ‘Norwegian Settlers Association of Marburg’ het veral belang gestel in die verwysings na die setlaars se afstammelinge wat nog deel is van die plaaslike gemeenskap. Vir die bekende TV-persoonlikheid en invloedryke Suidkus-suikerboer Scot Scott, wat persoonlik ‘n geslaagde grond-eisproses gelei en suksesvol teengestaan het, was die voorligting net so interessant. Hy moes tydens die grondeis-aksie deur ‘n tydrowende proses gaan en met die hulp van kenners inligting inwin oor presies hoe wat in die verlede gebeur het, en die soort navorsing wat Dr Du Bois gedoen het, sal van onskatbare waarde wees in soortgelyke gevalle.

Die navorsing het aan die lig gebring dat die regeringsrekords van die destydse Natal van die beste in die land is. Die verrigtinge van al die vergaderings is noukeurig opgeteken en deur al die betrokkenes onderteken, en van hierdie verslae is by geleentheid as hofdokumente aanvaar om grondeise te besleg.

Die boek fokus veral op die gevolge van die bou van ‘n spoorlyn tussen Port Shepstone en Durban. Voor die spoorlyn gebou is, het dit destyds twaalf dae geneem om met ‘n ossewa van Port Shepstone na Durban te reis. Net ‘n paar honderd mense het langs die kus en aangrensende binneland gewoon, hoofsaaklik as gevolg van die ontoeganklikheid weens die talle riviere. Die spoorlyn het egter vinnige vooruitgang meegebring en uiteindelik toerisme bevorder, hoewel die kommersiële visbedryf daardeur benadeel is omdat die lyn langs die kus gebou is. Spiller’s Wharf in Port Shepstone was byvoorbeeld ‘n visfabriek voordat die spoorlyn oor die rivier gebou is.

Dr Du Bois het die boek geskryf nadat hy wyd navorsing gedoen het vir sy doktorsgraad aan die Universiteit van KwaZulu-Natal in 2013, en talle van sy bronne was tot dusver ongepubliseerde argiefmateriaal en koerantberigte van die tyd. Die boek belig ook die uitbouing van die suikerbedryf deur Britse setlaars, en die talle probleme en uitdagings wat hulle moes oorkom ten opsigte van arbeid, kapitaal, reis- en vervoerreëlings. Daarbenewens kontekstualiseer dit ook die effek van kolonialisme op die plaaslike Afrika-bevolking, met spesifieke verwysing na die Indiese kontrak-arbeiders wat ingevoer is vir die suikerplase. Die ontwikkeling van nedersettings op plekke soos Umzinto, Umkomaas en Port Shepstone word ook toegelig.

Die AHI-lede was dit eens dat dit ‘n besonderse boek is, veral vir mense wat ‘n diepgaande belangstelling in die ontwikkeling van die Natalse Suidkus het. Enigiemand wat belangstel, kan Dr Du Bois kontak by die volgende nommers 031 467 0343 of 083 291 4913.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.