Is ek ‘n rassis? Nooit!

2016-02-11 06:00

STILTETYD

Oom Kallie

IS jy ‘n rassis? Nee, nie ek nie, kom die antwoord dadelik, maar … dis gewoonlik wat volg na die woordjie maar, wat iemand se inherente vooroordeel aan die kaak stel. Sommige definieer rassisme as die veronderstelling dat iemand se bekwaamheid of karakter deur sy of haar ras bepaal word. In ons eie land hier aan die Suidpunt van Afrika beleef ons rassisme aan ons eie lyf. Wit teen swart en swart teen wit. Gevoelens en emosies loop hoog. ‘n Foto onlangs in die pers ge-neem in Parys, Vrystaat, toon mense wat oor rasgronde verdeel, op mekaar skreeu met ‘n doringdraad tussen hulle.

Rassisme is natuurlik nie uniek aan enige land in die wêreld nie. In Bybelse tye het die Jode en die Samaritane met ‘n passie verag. Die Jode het skoon met ’n lang ompad verby Samaria geloop. Interessant genoeg as Jesus Christus in Lukas 10 in die verhaal van die Barmhartige Samaritaan­ gesels oor vir wie ek en jy as Sy volgelinge ‘n naaste moet wees, Hy juis ‘n Samaritaan as voorbeeld gebruik van omgee en sorgdra. Die Samaritane was juis mense van sg “gemengde afkoms”. Dit moes die Jode wat nogal meerderwaardig gevoel het destyds teenoor alle ander volkere, nogal geskok het.

Philip Yancey vertel in sy boek Spirituele Oorlewing­, van Martin Luther King se stryd teen die euwels van rassisme in die sestigerjare in Amerika. King is bekend vir sy leierskap in die passiewe verset teen rassisme wat in daardie jare hoogty gevier het. Hy beklemtoon dat die stryd teen rassisme ‘n langtermyn projek is. Let op hoe hy hoop en aksie met mekaar verbind.

Uit die New Yorker van 6 April, 1987 haal Yancey hom aan: “Hoe lank? Nie lank nie, want geen leuen kan vir ewig bestaan nie. Hoe lank? Nie lank nie, want jy sal steeds maai wat jy saai. Hoe lank? Nie lank nie, want die arm van moraliteit is lank, maar dit buig na regverdigheid.”

Is jy ‘n rassis?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.