‘Klaar met ons?’

2017-01-19 06:02

NOG ‘n nuwe jaar is toegevoeg tot die lewens van elkeen wat hier lees. Hierdie tyd van die jaar word daar weer allerhande voorspellings of uitsprake oor die toekoms gemaak.

Op internasionale front word bespiegel oor die impak van die nuwe Amerikaanse president op die wêreldpolitiek.

In Suid-Afrika word weer gevra wat die impak van populistiese uitsprake op sakevertroue gaan wees.

Soos altyd is daar die pessimiste en die optimiste. Die een sien agteruitgang en die ander groei. Dit herinner mens opnuut aan die uitspraak: “Two men looked through prison bars. The one saw mud, the other stars.”

Die Bybel, met name Esegiël 37:1-14, vertel vir ons van ‘n gemeenskap, Israel van ouds, wat ‘n ervaring van dood en uitsigloosheid ervaar. Hulle het hoop verloor vanweë die voortslepende trauma wat hulle ervaar het toe hulle gemeenskap uitmekaar geskeur is deur oorlog en godsdienstige geweld. Dalk sal die Siriese vlugtelinge meer met die verhaal kan identifiseer, of miskien voel jy wat hier lees ook so vanweë ‘n uitsiglose situasie in jou eie lewe of ons land.”

“Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons.”

Wat sê die Skrif vir ons oor hierdie ingesteldheid? God stuur ‘n profeet na hierdie mense wat wanhoop om hulle moed in te praat. Sy boodskap weerklink ook in ons harte en ore vandag. Moenie vergeet met wie julle as gelowiges te doen het nie. God is ‘n God van lewe wat die onmoontlike moontlik kan maak. Erken jou eie onvermoë en fokus op die Alvermoë van God wat ‘n gemeenskap kan transformeer.

God gee lewe aan vasgeloopte situasies. Natuurlik beteken dit nie passiwiteit nie. Die Gees gee aan die statiese beendere in ons teks lewe en hulle wend hulle na die toekoms. Is dit klaar met ons? Nee. Die beste lê nog voor. Jesus Christus bring lewe uit dood. Hy het immers die doodsbeendere van sonde, dood en uitsigloosheid oorwin.

Mag jou hoopvolle woorde en dade as Sy volgeling, as inspirasie vir ander dien, dat doodsheid en uitsigloosheid oorwin is deur Hom wat op Kersdag onder ons kom woon het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.