Kompetisie vir hoërskoolleerlinge wen R10 000

2017-07-06 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PLEKS van ons normale weeklikse rubriek-inhoud, plaas ons vandeesweek opwindende nuus vir hoërskoolleerlinge wat die Fever van Afrikaans.com ontvang het in die vorm van die volgende verklaring:

Hoërskoolleerders – droom groot en wen groot met ’n lekker “warm” projek vir die wintervakansie. Woeker met jou talente met die #droomgroot17-kompetisie by hoërskole.

In plaas van tone en tande tel die wintervakansie woeker eerder met jou talente sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader te kom om jou drome waar te maak. Die #droomgroot17-kompetisie vir graad 8 tot 12-leerders skop op 1 Julie af en leerders het tot 30 September kans om deel te neem.

Afrikaans.com gaan boonop R10 000 beskikbaar stel om die wenner se droom te bewaarheid.

#droomgroot17 – dit werk so ... en maak seker julle neem ook kennis van die muurkunsprojek vir laerskole later in hierdie vekrlaring. Graad 8 tot 12-leerders (tweede- en derdetaal-Afrikaanssprekers welkom) kan met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media (Facebook, Instagram, Twitter) deelneem deur ’n video te maak waarin hulle in Afrikaans op ‘n kreatiewe manier spog met hulle talente. Die video moet dan opgelaai word. Onthou net om Afrikaans.com in die pos te ‘tag’. Leerders kan ‘n gedig lees, ‘n liedjie sing, hul beste danspassies uithaal, kletsrym of hulle stories vertel ... en ons so oorrompel met hulle talent!

Hoe die wenner bepaal sal word: ‘n Paneel kies drie uitstaande inskrywings en die finaliste word dan gevra om vir ons te laat weet hoe die R10 000 gebruik kan word om ‘n stappie nader aan hulle droom te kom. Die algehele wenner kry die kans om te kies wat die prys moet wees ... ‘n kitaar, ‘n rekenaar, ‘n kort musiek- of skryfkursus, ens. waarna Afrikaans.com die geld beskikbaar stel en namens die wenner bestee.

Meer oor Afrikaans.com se muurkunsprojek by skole: ’n Gemeenskapsprojek wat inspireer. By Afrikaans.com glo ons dat inspirasie tot aspirasie lei en my identiteit van wie ek is en hoe ek myself uitdruk, ’n trots en eiewaarde skep. Daarom het ons ook vanjaar baie spesifieke gemeenskapsprojekte waardeur ons veral skoolleerders deur visuele muurkuns wil inspireer. Met die Afrikaans.com-muurkunsprojek poog ons om deur kleurvolle muurskilderye wat binne die gemeenskap se konteks verstaan word, die lekker en mooi van Afrikaans op skool uit te lig.

Wat behels die muurkunsprojek by die skole? Die Afrikaans.com-span gaan een muur by elk van die deelnemende laer- en hoërskole verf en die veldtog met foto’s en videomateriaal op sosiale media aktiveer.

Die hoërskoolmuurkuns sluit aan by die #droomgroot17-kompetisie en hoërskoolleerders van daardie skole word ook genooi om aan die #droomgroot17-kompetisie op sosiale media deel te neem. Die #droomgroot17-kompetisie is egter nie net tot hierdie skole beperk nie en is oop vir Alle hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika.

By laerskole woeker die muurkuns met woorde wat lees en verbeelding aanmoedig en word leerders aangemoedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik. Die muurkuns het ook ten doel om trots in hul skool en taal te kweek.

Tydens die onthulling van die muurkuns kry leerders die geleentheid om van hul talente ten toon te stel en die wenklas by elk van die deelnemende laerskole kry dan ’n biblioteek in ’n boks. Kyk hierna vir inspirasie:

Opsomming van die muurkunsprojek: https://www.youtube.com/watch?v=fdLuObHCguo

#droomgroot17 promosievideo: https://www.youtube.com/watch?v=gpRil5YiRCM

Hierdie leerders van Irista Primêre skool in Kuilsrivier droom groot: https://www.youtube.com/watch?v=qlMrXeDz1sE

HemelBesem het die leerders inspireer: https://www.youtube.com/watch?v=CdpVch_4fA4

Besoek ook http://www.afrikaans.com/news-headlines/droomgroot/droomgroot17-kompetisie oor hoe om deel te neem en vir die storie agter die storie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.