Kompromieë

2017-03-16 06:03

WANNEER twee partye glad nie oor ‘n saak kan ooreenkom nie, sluit hulle dikwels ‘n kompromie. Hulle kom ooreen om toe te gee aan van hulle beginsels. Die terme van die kompromie stem nie altyd ooreen met die oorspronklike doelwit wat albei partye wou bereik nie.

Om kompromieë aan te gaan is altyd nie die ideale oplossing nie. Dit word dikwels gesien as die prysgee van jou beginsels.

In die versoekings van Jesus deur die duiwel, (Matteus 4:8-11) word Jesus ook deur die duiwel versoek om met hom ‘n kompromie aan te gaan. Hy bied vir Jesus al die koninkryke van die wêreld aan mits Jesus bereid is om hom, die duiwel te aanbid.

Dit is op sigself ‘n leuen, want die aarde en sy volheid behoort aan die Here (Psalm 24:1). Hier word die wêreld nou op ‘n skinkbord aan Hom aangebied. Wat die versoeking natuurlik so subtiel maak, is die feit dat Jesus dan die wêreld per implikasie sou kon wen, sonder om aan die kruis te sterf, juis vir die sondes van die wêreld. Sodoende sou God se reddingsplan verydel word.

Jesus antwoord baie beslis dat net God alleen aanbid moet word. Daar is op hierdie punt geen kompromie aan te gaan nie. Jesus is baie duidelik dat mens nie boosheid met boosheid kan oorwin nie. Jy oorwin die kwaad slegs deur die goeie, Christene is natuurlik nie versoekings gespaar nie.

Die wêreld van die politiek, die sakewêreld, roem, alles kan joune wees, mits jy net bereid is om sekere van die dinge waarin jy glo prys te gee. Ons kan iemand wees, ons kan sukses behaal, mits ons bereid is om toe te gee, om kompromieë aan te gaan. Knyp die kat in die donker, kul met jou belastingopgawe, maak of jy nie die verdrukking van die swakkes en magteloses raaksien nie. Neem die kortpad na roem of sukses.

Die antwoord op die duiwel se versoekings is om na Jesus te kyk. Hy wat aan die Vader gehoorsaam was, skenk aan ons die krag om getrou te bly aan God se wil en aan onsself. Jy kan nie met die duiwel ‘n kompromie aangaan nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.