Konflik

2016-11-17 06:00

DIT is die bekende Mahatma Ghandi, die groot vredemaker van Indië wat gesê het dat die beginsel van “’n oog vir ‘n oog,” die hele wêreld blind sal maak.
Hy het dit gesê teen die agtergrond van die konflik in wat destyds nog Indië was en wat later Indië en Pakistan geword het. Konflik word soms beskryf as wrywing of opposisie wat ontstaan as gevolg van werklike of vermeende verskille of onversoenbare idees oor geld, seks, kinders grootmaak, ensomeer.

Ons gedagtes, emosies, waardes en lewensgeskiedenis verskil van mekaar as mense. Dit maak dat ons dikwels teenoorgestelde standpunte van mekaar sal huldig, hetsy dit in die huwelik, kerk, werksplek of politiek is. Ons kan byvoorbeeld op ‘n Saterdagmiddag verskillende behoeftes hê in ons gesin. Die een wil rugby kyk en die ander wil gaan wafels eet.
Die oomblik wat ons teenoor mekaar te staan kom, is daar konflik. Kleiner konflikte word gewoonlik makliker opgelos as groter konflikte. Dit is egter ook so dat enige pyn wat nie opgelos word nie oorgaan in woede.

Konflik ontaard nie sommer so in stryd of oorlog of woede uitbarstings nie.
Ons omskep dit in oorloë deur te ontken dat ons bydra tot die verskille. Jesus sê in Matteus 5:23 dat as jy jou gawe na die altaar toe bring (maw kerk toe kom), en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het (nie jy teen hom nie), jy eers die saak met hom moet regmaak voordat jy die erediens voortsit. Dis natuurlik bedoel dat as jy weet van iets waaraan jy ‘n aandeel het, wat jou medemens grief.
Partykeer is mense maar net moeilik en verdra ons nie, omdat hulle self ‘n “apie op die skouer het” by wyse van spreke. Dit staan ook in Romeine 12:18: “As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”
Uiteindelik moet ons ons eie harte gereeld ondersoek. As daar onvergenoegdheid of frustrasie in my eie hart is, sal dit afgee in al my verhoudings. Wat leef in jou hart?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.