Luisterryke opening van nuwe gebou

2016-01-21 06:00
‘n Deel van die groot groep mense wat die geleentheid bygewoon het.  Fotos: johan pretorius

‘n Deel van die groot groep mense wat die geleentheid bygewoon het. Fotos: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE nuwe sentrumgebou van Audi Margate is verlede week met 'n glansryke funksie geopen. Die funksie is deur verskeie bekendes op die Hibiskuskus bygewoon, onder wie die burgemeester, Cynthia Mqwebu, en verskeie lede van die Kinsey-familie wat jare reeds by die onderneming betrokke is.

Die Audi-gedeelte van South Coast Audi en Volkswagen is nou onder die dak van Audi Margate, terwyl South Coast Volkswagen van nou af afsonderlik sal sake doen.

Die handelaarshoof, Johan Kinsey-Ahlers, het in sy toespraak almal bedank wat die oprigting van die nuwe sentrum moontlik gemaak het. Hy het daarop gewys dat dit 'n ietwat-gewaagde stap was in die huidige moeilike finansiële omstandighede, maar hy het volle vertroue dat die toekoms sal bewys dit was die moeite en uitgawe werd. Hy het sy eie personeel bedank vir hul aandeel, en ook 'n besondere woord van dank gehad vir die onderneming se lojale klante, sonder wie se ondersteuning die nuwe uitbreidings nie moontlik sou wees nie.

Mnr. Kinsey-Ahlers het die onderneming gegee dat South Coast Audi se uitmuntende diens in die toekoms sal voortduur, iets wat deur die nuwe sentrum vergemaklik sal word. Hy het die geleentheid benut om die nuwe Audi A4 bekend te stel, en voornemende eienaars uitgenooi om die motor te kom toetsbestuur.

Die Hoof van Audi Suid-Afrika, mnr. Paul Sansom, het die bestuur van Audi Margate geluk gewens met die nuwe gebou, en gesê dit versinnebeeld die gehalte van die produk, en die vertroue wat die moedermaatskappy in die Margate-onderneming het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.