Matrieks wat uithaak - waar gaan dit alles eindig?

2016-12-15 06:01
Van die makker tonele by die sg. Plett Rave waar matrieks en studente verlede week gekuier het.  Die videos van Netwerk 24 is deur duisende mense op Youtube gesien.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN my matriekdae baie jare gelede het ons ook dinge aangevang waarvan ons ouers nie geweet het en glad nie die goedkeuring van die gemeenskap in die algemeen sou gehad het nie. Soos byvoorbeeld as vyftienjarige ‘n Rembrandt van Rijn-filter rook onderweg fliek toe, ‘n sopie brandewyn of twee uit jou pa se kroegkas steel, sy motor skelm “om die blok vat” wanneer hy en ma ‘n naweek saam met familielede in ‘n ander voertuig Kruger-wildtuin toe is, of ‘n meisie skelm soen (of vry) agter in die plaaslike fliek. Wanneer jy uitgevang is, was die standaard-kommentaar gewoonlik “ons het julle nie so grootgemaak nie. As julle nou al hierdie dinge aanvang, waar gaan dit alles eindig?”

Op universiteit het baie van ons permanent begin rook, somtyds te veel gedrink, soms ‘n stout episode met die teenoorgestelde geslag gehad, en klasse ‘gebunk’ om in die kafee-bioskoop te gaan sit. Dis waar “alles vir ons geëindig” het. Tipiese studentelewe van destyds, waarvan ons ouers net hier en daar bewus was, maar ons het nooit gedoen wat die afgelope jare blykbaar die norm is nie.

Oor die jare het ons dit hier aan die Suidkus ervaar met matrieks wat hierheen gekom het met sakke vol van hul ouers se geld, gedrink en ‘gepartie’ het soos besetenes -mense se eiendom in die proses verwoes het, soms so erg dat die eienaars van huise en woonstelle geweier het om dit ooit weer aan matrieks of studente te verhuur. So agt jaar gelede het die koerante Beeld en Rapport verslaggewers en fotograwe hierheen gestuur om te kom kyk wat die matrieks en studente aanvang. Hulle berigte en foto’s het geskok. Dronk tieners in die nagklubs en op straat en die strande. Uiteindelik het die matriek- en student-toeloop Margate toe om verskeie redes geëindig, te midde van sugte van verligting van baie mense, behalwe natuurlik die nagklubs, drankwinkels en restaurante.

Die nuwe kuierplek is nou blykbaar Plettenbergbaai. Video-opnames van wat vanjaar daar aangegaan het is deur Netwerk 24 op Youtube geplaas en deur derduisende mense gesien, ook hier op die Suidkus. Dit was soms moeilik om te glo wat jy sien. Papdronk tieners in suggestiewe omhelsings in nagklubs, op dansvloere, op strande, in die strate. Almal in die videos het Afrikaans gepraat, en van die matrieks het sleeptong vertel hoe hulle hulleself geniet. Ooglopend die kinders van welgestelde ouers met baie geld om op drank (en dwelms?) te bestee. Een van hulle het gespog hy het vyfduisend rand, benewens die koste van sy verblyf, saamgebring om op plesier te blaas.

Toegegee, nie al die tieners wat vanjaar op Plettenbergbaai was, het hulle aan wangedrag skuldig gemaak nie. Maar geoordeel aan die videos, kan met veiligheid aanvaar word dit was algemeen. Die kersie op die koek was die reaksie van een van die organiseerders van die “Plett Rave.” Toe mense beswaar maak oor wat daar aangaan, het hy ewe kordaat verklaar hy bestuur nie ‘n klooster nie, maar ‘n plek waar tieners “in veiligheid volwasse kan raak.”

Weet ouers wat hul kinders aanvang? Of wil hulle nie weet nie? Keur hulle dit dalk goed? Of doen hulle dit self? Nou vra ek die vraag wat my ouers gevra het: “Waar gaan dit alles eindig?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/World
 
Fascinating facts about dogs

Think you know a lot about dogs? How many of these facts do you know?

Paws

Perfectly captured cat snapchats!
Fascinating facts about dogs
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.