Max en Louis: ‘n Unieke hegte band tussen swart en wit

2017-08-03 06:01
FOTOS: johan pretoriusMax en Louis, twee vriende met ‘n inspirerende geskiedenis.

FOTOS: johan pretoriusMax en Louis, twee vriende met ‘n inspirerende geskiedenis.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT was ‘n baie besonderse en betekenisvolle geleentheid verlede Saterdag toe ‘n swart munisipale bestuurder wat as ‘n jong seun deur ‘n wit prokureur onder sy vlerk geneem, hom werk gegee, teen polisie-mishandeling beskerm en gehelp het om ‘n opvoeding te bekom, sy weldoener amper dertig jaar later gehuldig het.

Op ‘n “dankseggings-ete” by die San Lameer-gholfklub het die munisipale bestuurder van die Ray Nkonyeni-Munisipaliteit, Max Mbili, en sy gesin, die bekende prokureur van Margate, Louis Hansmeyer, en sy gesin bedank “dat ek lewe, en vir alles wat ek in my lewe bereik het, want as dit nie vir hulle was nie, was ek nie vandag hier nie.”

Mbili het die teenwoordige gaste, van onder meer familielede van die betrokkenes en hooggeplaasde politici en munisipale amprenare, sy lewensverhaal vertel en hoe sy ontmoeting met die Hansmeyers ‘n drastiese en positiewe invloed gehad het.

Hy was die sesde van agt kinders wat baie arm grootgeword het, maar hy was vasbeslote om ‘n sukses van sy lewe te maak deur sy skoolloopbaan te voltooi en verder te studeer.

Mbili het vertel hoe sy ma, wat baie hard moes werk vir die gesin om te kon oorleef, op ‘n keer aan Max gesê ‘jy is die kind wat die kringloop van armoede in hierdie gesin gaan breek.’ In 1983 het hy in Manaba se strate geloop en werk soek, en by die Hansmeyers se huis uitgekom. Hy het die destydse mev. Hansmeyer gevra vir werk, die een ding het tot die ander gelei, hy het hul tuinier en uiteindelik deel van die gesin geword.

Louis het op sy beurt vertel hoe toegewyd en hy was en hoe hard die jong man gewerk het. Mbili het die geld wat hy verdien het, gebruik om vir sy skool-opleiding te betaal. Hy het ook betrokke geraak by politieke bedrywighede, en van sy wedervaringe vertel, veral van een aand in 1990. ‘n Groep “veiligheidspolisiemanne,” saam met politieke aktiviste, een van hulle ‘n bekende IVP-man wat oral moeilikheid gemaak het, het Mbili by die Hansmeyers se huis kom haal. Louis het hulle gekonfronteer want hy het agtergekom iets is fout: een van die “polisiemanne” het ‘n valskerms

oldaat-kenteken aan hom gehad. Ten spyte van sy besware, het die groep Mbili weggeneem, hom tot vroeg die oggend gemartel.

Omdat Mbili Afrikaans kan verstaan, het hy gehoor hulle wou hom doodmaak. Een van die groep het egter gemaan dat “die prokureur” hulle gekonfronteer en herken het. Die groep, ooglopend ‘n kombinasie van die destydse IVP en veiligheidspolisie/militêre- “moordbendes,” het Mbili laat gaan. Hy het vyf uur die oggend gehawend by die Hansmeyers se huis aangekom, en sowel Louis as sy seun Bernard het Saterdag gesê hulle was geskok oor hoe sleg hy gelyk het. Hulle wou hom dokter toe neem, maar uiteindelik is besluit dit sou beter wees indien hy uitwyk Durban toe. Albei Mbili se ouers is hierna albei in die politieke “burger-oorlog” vermoor.

In Durban het hy verder studeer, ‘n wiskunde- onderwyser, en later skoolhoof geword. Louis het hom in hierdie tyd ook by verskeie geleenthede as prokureur bygestaan toe versonne-aanklagte gereeld in Port Shepstone teen hom aanhangig gemaak maar uiteindelik summier laat vaar is.

Mbili het verskeie ander poste beklee voodat hy in 2006 teruggekom het Suidkus toe. Hy was onder meer eers ‘n departmentshoof in die destydse Hibiskuskus-munisipaliteit, en het later die munisipale bestuurder geword. Hy het pas aansoek gedoen om ‘n verlenging van sy termyn.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.