Misdaad in SA – kan dit hoegenaamd gestuit word?

2017-03-16 06:02

ONS weet almal dat ons land geteister word deur verskeie soorte misdaad … van plaasmoorde, verkragtings, motor-kapings regdeur tot gewapende roof en huis-inbrake. Jy besef egter nie hoe erg die situasie is totdat jy syfers sien nie.

Verlede week is statistiek in die Parlement bekend gemaak vir die jaar 2015/2016, en die feite is skokkend, ten spyte daarvan dat die polisiediens en politici sê die situasie het in die algemeen verbeter.

In die verslagjaar is gemiddeld 111 mense elke dag in Suid-Afrika verkrag. Motorkapings het met 14% toegeneem, moorde met amper vyf persent, en inbrake by woonhuise met amper drie persent.

Ses-en-veertig mense is op plase vermoor, vier minder as in die vorige jaar, maar 46 bly 46, ten spyte daarvan dat die polisiehoofde verklaar die landelike veiligheidsituasie is beter as voorheen. KwaZulu-Natal is bo-aan die lys van vee-diefstalle met amper 5 400 gevalle, net in die een jaar.

Daar is nog baie ander skokkende statistieke, en wanneer jy dit deurlees, besef jy hoeveel mense iewers in die land geraak word. Of self slagoffers is, of familielede of vriende het wat teikens was, en selfs in die proses dood is.

Dan stuur jy ‘n skietgebedjie op en sê dankie dat jy nog nie ernstige misdaad aan jou eie bas gevoel het nie. Netsoos wanneer jy nuus kry van die soveelste noodlottige motor-ongeluk in jou omgewing, en dankbaar is dit dat jy, jou familie of vriende nie die slagoffers was nie.

Die groot vraag is natuurlik wat word gedoen om die situasie te verbeter? Dis waar dat die betrokke owerhede nie veel kan doen aan werkloosheid en ander sosiale faktore wat aanleiding gee tot ernstige misdaad nie.

Dis die politici se verantwoordelikheid, en hulle het tot dusver jammerlik gefaal.

Maar het ons polisiediens in die algemeen die kundigheid om misdaad doeltreffend te beveg? Op plaaslike vlak, ook hier aan die Suidkus, is daar toegewyde polisiemense wat uitstekende diens lewer. Ongelukkig is daar ook diegene wat heeltemal onbevoeg is. Landwyd kry ‘n mens hulle. Selfs in die top-strukture. Soos my Engelse ouma altyd gesê het: “No names, no pack drill.”

‘n Week gelede het die Ray Nkonyeni-munisipaliteit hier by ons “oorlog verklaar” teen kabel- en koperdiewe. Gevalle van hierdie misdaad kom gereeld soos klokslag voor, en niemand kan blykbaar iets daaraan doen nie. Koperkabel-diefstal het Telkom in die vorige boekjaar baie meer as R200-miljoen gekos in meer as 6 000 diefstalgevalle. Behalwe die geldverlies, is dienslewering ernstig ontwrig.

Die RNM se bestuurder, Max Mbili, het ook verwys na onwettige elektrisiteitsverbindings, wat Eskom miljoen rande kos aan verlore inkomste, normale dienste ontwrig, en ook menselewens eis. Hy het opnuut ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om dit nie te doen nie, maar soos almal weet, sulke beroepe val op dowe ore.

Hier moet ook gevra word: wat doen Eskom (en die munisipaliteit en die polisiediens) om hierdie onwettige verbindings te stuit? Toegegee, op sekere plekke in die land is die onwettige verbindings so gesofistikeerd dat dit uiters moeilik is om op te spoor, maar by ‘n informele nedersetting soos Masinenge hier by ons kan dit tog nie so moeilik wees nie? Daar is juis oor die afgelope maand op verskillende plekke vier mense doodgeskok deur onwettige verbindingsdrade.

Myns insiens moet die nou reeds bekende “gebreekte venster” - metode van ‘n destydse burgemeester van New York toegepas word. Hy het sy polisiemanne opdrag gegee om “minder-belangrike” misdade soos rommelstrooiery, en onwettige betreding van eiendom uit te roei, want, het hy geredeneer, indien jy nie ‘n gebreekte venster in ‘n leë gebou herstel nie, word die ander vensters baie vinnig ook gebreek en word die gebou onherstelbaar vervalle.

Binne twee jaar het ernstige misdaad drasties afgeneem, en selfs die moordsyfer het kwaai gedaal. New York het ‘n baie veiliger stad geword. So-iets kan natuurlik net in ‘n land soos Suid-Afrika suksesvol gedoen word indien die politieke wil daar is. En ek is bevrees, dit is nie. Daar is eenvoudig te veel faktore wat dit onmoontlik maak.

BLURB
In die verslagjaar is gemiddeld 111 mense elke dag in Suid-Afrika verkrag

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.