Munisipale verkiesing - handige inligting

2016-07-28 06:00
Die munisipale verkiesing van 2016 word aanstaande Woensdag gehou. Foto: verskaf

Die munisipale verkiesing van 2016 word aanstaande Woensdag gehou. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE munisipale verkiesing van 2016 word aanstaande Woensdag gehou, en die volgende inligting sal help om die proses beter te verstaan.

Daar is drie soorte verkiesingselsels: A. die “wenner kry alles” of kies-afdelingstelsel, waarvolgens die land in kies-afdelings of wyke verdeel word, waarin gestem word. Die party met die grootste aantal stemme in ‘n kies-afdeling of wyk wen die verkiesing en verwerf ‘n setel-plek in die parlement/stadsraad vir daardie wyk. Die stemme vir die partye wat verloor, tel nie. Dit was die stelsel wat voor 1994 gebruik is.

B. Proporsionele verteenwoordiging: dit word ook die partylys-stelsel genoem. Hier tel elke stem omdat die totaal stemme vir elke party bepaal hoeveel setels of wyke die party kry. Partye stel lyste van kandidate saam, en die getal mense wat verkies word, word bepaal deur die aantal setels-wyke wat die party wen. Dit is die stelsel wat van 1994 tot 2014 in die nasionale en provinsiale verkiesings gebruik is.

C. Gekombineerde stelsel: dit is ‘n kombinasie van die ‘wenner kry alles’- en proporsionele verteenwoordiging-stelsel. Wanneer die finale aantal setels/wyke bepaal moet word, speel proporsionaliteit ‘n deurslaggewende rol. Wanneer daar byvoorbeeld 10 wyke in ‘n munisipaliteit beskikbaar is, is vyf wyk-setels en vyf proporsionele verteenwoordiging-setels (PV of PR in Engels). Party A met 50% van die stemme, het die reg tot vyf setels. Indien die party vier wyke wen, kry die party een proporsionele-verteenwoordigingsetel. Party B met 30% van die stemme, het drie setels … indien hulle een wyk wen, kry hulle twee PV-setels en eindig met drie setels. Party C, met 20% van die stemme kry twee setels...indien hulle geen wyk wen nie, kry hulle in elk geval twee PV-setels as hul finale totaal. Die gekombineerde stelsel is in die munisipale verkiesings van 2000, 2006 en 2011 gebruik, en sommige raadslede is verkies omdat hul wyke gewen het, en ander is verkies omdat hulle op die partylyste vir die gebied was. Dieselfde stelsel geld in vanjaar se verkiesing.

Waarvoor stem ‘n mens aanstaande Woensdag? Die aantal en soort stemme word bepaal deur die plek waar jy bly. In die metrorade van die groot stede is daar twee stemme op een stembrief: een stem vir ‘n party, en een vir ‘n wykskandidaat. Plaaslike munisipaliteite en omgewings: drie stemm … een partystem vir die plaaslike raad, een stem vir ‘n wykskandidaat, en een partystem vir die raad van die distriksmunisipaliteit, in ons geval Ugu.
‘n Belangrike feit om te onthou is dat die Hibiskuskus-munisipaliteit soos ons hom nou ken, na die verkiesing saamsmelt met Ezinqoleni om die nuwe Ray Nkonyeni-munisipaliteit te vorm. Die nuwe munisipaliteit sal 71 raadslede hê van wie 36 wykslede sal wees, en 35 verkies deur die proporsionele stelsel. Dertien van hierdie raadslede sal “permanente” lede wees, nl. die speaker, die burgemeester, die onder-burgemeester, agt lede van die uitvoerende komitee, ‘n hoofsweep en ‘n voorsitter van die MPAC.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie beveel aan dat kiesers vooraf doodseker maak waar die stembus in hul omgewing is, en so vroeg as moontlik deur die dag van 3 Augustus te gaan stem om groot opeenhopings laat in die dag te voorkom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.