‘n Lotsbepalende politieke week 35 jaar gelede

2017-03-09 06:00
PHOTO: suppliedNa sy vrylating, het mnr. Nelson Mandela vir mnr. PW Botha gaan kuier.

PHOTO: suppliedNa sy vrylating, het mnr. Nelson Mandela vir mnr. PW Botha gaan kuier.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN joernaliste se lewens is daar dae en selfs weke wat hulle nooit vergeet nie weens die impak van gebeure op die land of op die lewens van mense. Soos die laaste week van Februarie 1982, presies 35 jaar gelede. Die politieke toneel in die land was onstuimig, en die opposisiepartye en politieke magte van buite se druk het alhoe meer toegeneem.

In Januarie en Februarie van 1982 het die bitterheid van die debat binne die Nasionale Party oor die inbring van ‘anderskleuriges’ in die Parlement toegeneem, met twee duidelike kampe teen mekaar opgestel. Die sg. ‘konserwatiewe’ of ‘verkrampte groep’ onder die leiding van dr. Andries Treurnicht, en die ‘verligtes’ of ‘hervormingsgesindes’ aan die kant van Premier P.W. Botha. Die Transvaalse NP onder die leiding van dr. Treurnicht was totaal gekant teen enige vorm van magsdeling met ander bevolkingsgroepe en het aangedring op die suiwere toepassing van die beleid van ‘afsonderlike ontwikkeling’. Die Kaapse nasionaliste, in ‘n groot mate die Vrystaat, enkele Natalers en ‘verligte’ Transvalers was vas oortuig indien die mag nie met die ander groepe gedeel word nie, sou die land nie kon oorleef nie. Veral nie met die ANC se veldtogte en buitelandse druk wat alhoe hewiger geword het nie.

Daardie week in Februarie 1982 was lotsbepalend vir Suid-Afrika se politieke toekoms. Op kabinetsvergaderings op 16 en 22 Februarie was die PW Botha-groep ten gunste van ‘gesonde magsdeling’, wat beteken het dat Kleurlinge en Indiërs parlementêre verteenwoordiging moes kry. Die Treurnicht-mense was geheel en al daarteen gekant, dinge het onder die oppervlakte gesmeul, en daar was geen twyfel dat ‘n groot botsing op hande was nie. Op 24 Februarie kom die waterskeidings-oomblik tydens ‘n NP-koukusvergadering in die Parlementsgebou. Ons groep joernaliste het waargeneem hoe LP’s met stroewe gesigte die koukuskamer binnegaan. Skuins na twaalf-uur die middag word die koukusdeur letterlik oopgeskop deur die woedende LP vir Jeppe, Koos van der Merwe (ironies genoeg later hoofsweep van die IVP), met die kreet ‘ek is klaar met die Prog PW Botha.’ Dr. Treurnicht het hom gevolg met donderweer op sy gesig. Ons het later gehoor 22 NP-lede het teen ‘n mosie ter ondersteuning van P.W. Botha gestem, en 100 vir hom. ‘n Rukkie daarna het ek die premier gaan besoek om kommentaar te kry. Hy het in ‘n ligte grys pak by sy lessenaar gesit, onderweg na samespekings in Namibië, spierwit in die gesig, ooglopend ontsteld. Sy woorde aan my was basies die volgende: ‘Ek het my politieke loopbaan op die spel geplaas ter wille van Suid-Afrika se toekoms. Wat moet gebeur, moet nou maar gebeur.’

PW Botha moes toe reeds geweet het van ‘n vergadering van die Hoofbestuur van die Transvaalse NP wat dr. Treurnicht belê het, duidelik met die oogmerk om die magtige Transvaal te gebruik om Botha tot ander insigte of uit sy pos te dwing. Premier Botha, wat ‘toevalllig’ in Pretoria was, se ondersteuners het hom na die vergadering genooi, en na vyf ure se besprekings was dit duidelik dr. Treurnicht se steun was nie so groot soos wat hy gedink het nie. Hul mosie teen PW is met ‘n groot meerderheid verslaan. Hierna het gebeure mekaar vinnig opgevolg. Dr. Treurnicht en Minister Ferdi Hartzenberg het uit die kabinet en NP bedank saam met 14 ander LP’s. Die Konserwatiewe Party is kort daarna gestig, en die Driekamer-parlement het in 1984 tot stand gekom.

Bogenoemde is weereens ‘n bewys dat belangrike geskiedkundige gebeure met betekenisvolle gevolge dikwels vergete raak in die groter prentjie. Myns insiens kry PW Botha, van wie talle mense nie gehou het nie en vandag as ‘n ‘Apartheids-ikoon’ afgemaak word, nie behoorlik krediet vir sy bydrae tot hervorming in die land nie. Daar was heelwat ander voorbeelde, veral vroeg in sy premierskap, waar hy sterk standpunt ingeneem het dat die beleid van apartheid onwerkbaar was en aangepas moes word. Toegegee, hy het foute gemaak, hy was later in ‘n mate ‘n remskoen in die hervormingsproses, en bitter ongewild in verskeie kringe. Wie weet, dalk sal die geskiedenis sy bydrae later na waarde skat.

Wat sou gebeur het indien die konserwatiewes en Dr. Treurnicht in die NP die oorhand gekry het? Sou Nelson Mandela vrygelaat gewees het en die ANC ontban? Waar sou Suid-Afrika vandag gewees het? ‘n Mens kan maar net bespiegel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.