‘n Oog vir ‘n oog

2017-05-18 06:00

‘n OOG vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand, letterlik opgeneem, klink nogal na ‘n lekker manier om wraak te neem. Stamp jy my kar, dan stamp ek joune.

Dit kan tot die punt van absurditeit gevoer word, tot so ‘n mate dat die hele wêreld in oorlog gedompel word. Ons almal is feilbare mense en trap gedurig op ander se tone.

Daar moet dus ‘n ander bedoeling gewees het, met hierdie uitdrukking. Dit kom uit Eksodus 21:24 en is uitdrukking van die sogenaamde lex talionis. Die straf moes pas by die oortreding.

Dit was ‘n regs beginsel wat orde wou handhaaf in oud Israel. In elk geval sê die Ou Testament reeds in Levitikus 19:18, “Jy mag nie wraak neem of ‘n grief koester teen jou volksgenoot nie.”

Die Skrifgeleerdes en Fariseërs in Jesus se tyd het die regsbeginsel wat in die howe gehoort het, uitgebrei na die samelewing en na die persoonlike sfeer van elke dag se lewe toe. Daarmee het hulle eintlik wraak en weerwraak probeer regverdig.

Jesus wys die Fariseërs se interpretasie baie duidelik af met sy opdrag (Matteus 5:38-42) om die ander wang te draai en die tweede myl (of kilometer) te loop met mense. Christene se elke dag omgaan met andere word nie gereguleer deur die oog vir ‘n oog beginsel nie, maar deur die liefde. Loop die tweede myl met mense. Die beginsel om die tweede myl te loop, vind sy begronding in die Romeine wat die verowerde volkere kon dwing om hul swaar rugsakke vir ‘n kilometer of myl te dra volgens wet. Gewoonlik is die sak dan na ‘n kilometer neergegooi met ‘n vloek.

Kom ons kyk as Christene anders na die lewe. Moet nie mense wees wat die minimum doen nie. Loop die tweede myl, en gebruik die kans om van Jesus se liefde te getuig.

Getuig van Jesus se krag wat jou bv maak rommel optel, al word jy nie daarvoor betaal nie. Moet nie die minimum gee in jou skoolwerk of huislike pligte of by die werk nie. Loop die tweede myl.

Gee jou beste en getuig so vir Christus.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.