‘n Suksesstorie sonder weerga

2016-02-25 06:00
‘n CemAir vliegtuig.

‘n CemAir vliegtuig.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN die verlede was daar gereelde passasiersvlugte tussen Margate se lughawe en die lughawens Oliver Tambo en Lanseria in Gauteng. Airlink het ‘n gereelde diens tussen die Suidkus en Oliver Tambo bedryf, totdat dit, tot groot konsternasie van die toeristebedryf en ander instansies, gestaak is omdat dit nie meer lonend was nie.

Die soort vliegtuig wat gebruik is, was nie geskik vir die roete nie. Ná ‘n tydperk sonder vlugte, het rederye soos Spurr Wing en Studio 88 ‘n diens tussen Lanseria en Margate bedryf, maar ook hulle moes die handdoek ingooi. Mense wat Johannesburg toe of elders heen wou vlieg, moes Durban toe reis en daarvandaan vlieg.

Die indiensneming van die lughawe Koning Shaka in 2010 60 kilometer noord van Durban, het verreikende gevolge vir reisigers van die Suidkus ingehou.

Pleks van sowat ‘n uur, was die lughawe nou amper twee uur weg, wat beteken het vir ‘n vlug Johannesburg toe om sewe-uur die oggend, moes ‘n mens drie-uur hier vertrek. Dit het aansienlike ongemak veroorsaak en ‘n groot invloed op toerisme in die gebied gehad.

Die Hibiskuskus-munisipaliteit het met verskeie pogings begin om weer ‘n geskeduleerde diens tussen Margate en Johannesburg te begin, maar tevergeefs. Totdat die Hoof-uitvoerende beampte van CemAir, Miles van der Molen, vroeg in 2013 vir ‘n vakansie op Margate geland het.

Hy het baie van die plek gehou, en besluit om die moontlikheid van ‘n passasiersdiens te ondersoek. Plaaslike belanghebbers het betrokke geraak, daar is met die munisipaliteit onderhandel en binne drie maande, op 1 November 2013, begin CemAir met sy geskeduleerde diens, aanvanklik net op sekere dae van die week met Beechcraft 1900-vliegtuie. Die vraag het so gegroei dat Cemair reeds 30 000 passasiers op die roete vervoer het. CemAir is op die oomblik ‘n integrale komponent van die Hibiskuskus se toerismebedryf, en inderwaarheid ‘Margate se eie lugdiens’.

Miles van der Molen is nie om dowe neute bekend as iemand wat dinge laat gebeur nie. Hy is self ‘n vlieënier en ken die bedryf soos die palm van sy hand. Hy het in 2002 begin met die aankoop van ‘n Cessna Grand Caravan in ‘n vennootskap, en teen 2005 is die maatskappy geformaliseer as die CemAir wat ons vandag ken met die aankoop van die eerste Beech 1900.

Hierna is nog Beech 1900’s en Bombardier CRJ’s aangeskaf, en CemAir het nou meer as 20 vliegtuie op verskeie roetes, ook in die buiteland. Die redery besit 30 vliegtuie, onder meer 20 Bombardier 110/200s, ‘n Bombardier Dash 100 en 9 Beechcraft 1900s, maar bedryf hulle nie almal self nie.

Nege CRJ’S en die Dash 100 word op die oomblik op Cemair se roetes gebruik. Die maatskappy se hoofkantoor is op die OR Tambo-lughawe, met kantore in Gaboen, Tanzanië, Suid-Soedan, Zambië en Mali. Huurvlugte word gereeld na hierdie lande onderneem.

In Suid-Afrika vlieg CemAir na Margate, Sishen, Bloemfontein, Plettenbergbaai en Kaapstad, asook tussen Bloemfontein en George. CemAir is bekend vir sy vriendelike en uitmuntende diens, en die maatskappy se leuse is ‘Suid-Afrika se mees persoonlike lugdiens’. Die redery kry van oral af komplimente vir sy gehalte diens en vriendelikheid van sy personeel.

Die nie moeilik om te verstaan waarom CemAir so suksesvol is nie. Die innemende en dinamiese Miles van der Molen se entoesiasme is aansteeklik, sy personeel volg sy voorbeeld, en hy is baie trots op wat CemAir sedert 2005 bereik het.

“Ons het baie ondervinding opgedoen met die bedryf en versiening van ons vloot vliegtuie, en ons plaas groot klem op die handhawing van eerstewêreldse standaarde, veral wanneer ons in derdewêreldse omgewings soos ander Afrikalande en plekke soos Aghanistan en Tunisië werk.”

Miles sal altyd ‘n sagte plek in sy hart vir Margate hê. Hy het groot lof vir die samewerking en aanmoediging wat CemAir van die HCM munisipaliteit kry.

“Dis hier waar ons groot uitbreiding begin het, en ons sal altyd deel van julle wees.

“Ons is hier om te bly.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.