‘n Vakansieseisoen-bederwer: die E. coli-virus

2017-01-19 06:02
 Foto: verskaF Mikroskopiese foto van die E. coli-virus.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIS nou algemene kennis dat die afgelope Kersseisoen seker die swakste in die geskiedenis van ons kus was. Groot gebiede was dae, Port Edward selfs weke lank, sonder water. Hoogs-onstelde vakansiegangers het vroeg huis toe gegaan, ander het hul besprekings uit Gauteng en die Vrystaat gekanselleer, met die gevolg dat sake-ondernemings soos restaurant en verblyfverskaffers groot verliese gely het.

Om alles te kroon, is die Uvongorivier kort voor Kersfees met riool besoedel, met die gevolg dat letterlik honderde vakansiegangers, en plaaslike inwoners, met die E.coli-virus besmet is. Dit het etlike dae geneem voordat toetse bewys het die rivier is besoedel, en intussen is hospitale en apteke oorstroom deur siekes.

Omdat kollegas en kennisse wat nie naby die strande was nie, ook siek geword het, het die uwe gaan oplees oor Eschericia coli, oftewel E. coli-virus, wat gereeld probleme hier aan die kus veroorsaak. Dit is ‘n bakterie wat in die ingewande van alle warmbloedige organismes gevind word. Die meeste variasies van E. coli hou geen gevaar vir mense in nie, maar ses van hulle kan jou ernstig siek maak. Die menslike ingewande bevat verskeie soorte bakterieë, insluitend E. coli, wat etlike voordelige funksies het, ondermeer die vervaardiging van Vitamine K en die Vitamine B-reeks.

Die E. coli-variasie wat die grootste oorsaak van menslike siektes is, is die sg. 0157:H7. Dit veroorsaak ‘n ernstige ingewande-infeksie wat lewensgevaarlik kan wees. ‘n Gesonde volwassene herstel gewoonlik binne vyf tot sewe dae, maar indien die pasiënte nie die korrekte behandeling kry nie, kan hulle ‘n infeksie opdoen wat nier-versaking veoorsaak.

Hoe word ‘n mens besmet? Deur besoedelde water in te neem, soos in Uvongo. Deur besmette kos te eet … goeie voorbeelde is halfgaar gemaalde beesvleis, ongepasteuriseerde melk, of selfs rou groente. ‘n Groot oorsaak van besmette kos is wanneer mense wat dit voorberei, nie hul hande deeglik was na ‘n toiletbesoek nie. E. coli word ook maklik van mens tot mens oorgedra, dis waarom almal in ‘n huisgesin dikwels siek word. Jy word besmet deur banknote, munstukke, ‘n handskudgroet, supermark-trollies, of jou eie kind wat pas in ‘n besmette strandmeer geswem het. Kontak met diere kan dit ook veroorsaak.

Wat is die simptome? Hoewel dit tot drie of vier dae kan neem voordat die simptome hulself manifesteer, kan dit binne 24 uur gebeur, of selfs eers ‘n week later. Die pasiënt ontwikkel skielik maagpyn en krampe.

‘n Paar ure hierna ontstaan maagwerking, en indien dit erg is, kan bloederigheid voorkom weens die gifstowwe se skade aan die ingewande. Naarheid is algemeen, en braking kom voor, hoewel dit nie in altyd gebeur nie. Die meeste besmette mense is koorsig, maar sommiges spring dit vry. Die siek mens is moeg en erg siek. Dit gebeur ook dikwels dat besmette mense wat nog geen simptome toon nie, ander mense onbewustelik aansteek deur liggaamlike kontak. Daar is geen geneesmiddel vir E. coli-0157:H7 nie. Die infeksie moet homself uitwoed onderwyl die pasiënt medikasie neem om beter te voel, en baie water drink om dehidrasie te vermy.

Dus: Wees deurentyd bewus van die moontlikheid van E. coli-besmetting. Was die hande gereeld en deeglik nà toiletgebruik, en moet nooit ongewasde rou groente eet nie. Maak seker vleis is behoorlik gaar, en drink net gepasteuriseerde melk en vrugtesap. Was eetgerei behoorlik in warm, seperige water.

En bly weg van strandmere en riviere indien daar enige moontlikheid van besmetting is.

BLURB
Die afgelope Kersseisoen seker die swakste in die geskiedenis van ons kus was

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 
Does your dog have separation anxiety?

We've got tips, advice and how to help your dog

Paws

Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.