‘n Ware Suid-Afrikaanse ikoon groet Nico Carstens - ‘n ware Suid-Afrikaanse ikoon groet Heuning- en hommelbye – sterf hulle uit?

2016-11-10 06:00
‘n Brief van Nico Carstens aan Abrie Spies in die veertigerjare waarin hy hom toestemming gee om die nommertjie ‘Werda’ as die kenwysie van Abrie se orkes te gebruik. Fotos: johan pretorius

‘n Brief van Nico Carstens aan Abrie Spies in die veertigerjare waarin hy hom toestemming gee om die nommertjie ‘Werda’ as die kenwysie van Abrie se orkes te gebruik. Fotos: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK was nog aan die wonder oor watter onderwerp om vandeesweek te skryf, toe ek ‘n oproep kry van een van die Suidkus se bekendste inwoners, Abrie Spies.

“Johan, jy weet mos Nico Carstens is vroeër vandeesweek oorlede. Hoekom skryf jy nie oor sy lewe nie? Ek het hom geken, en kan jou inligting gee.” Probleem opgelos.

Soos talle Suid-Afrikaners, en veral die liefhebbers van boeremusiek, het ek met Carstens se musiek grootgeword.

Destyds nooit so mal daaroor soos oor Chuck Berry, Buddy Holly, Elvis Presley en Cliff Richard nie, maar het lekker op Carstens-musiek saamgedans wanneer pa en ma ‘n verjaardagpartytjie “gegooi” of elders bygewoon het. Later het ek ook besef dat Nico Carstens inderdaad een van die reuse in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf was, en die benaming ikoon, wat deesdae te maklik uitgedeel word, dubbel en dwars verdien het. Ek spring toe in my motor, en ry na Abrie se kantoor toe.

Op Abrie se lessenaar was ‘n klomp ou bladmusiek waarvan hy my bladsye gewys het met ‘n persoonlike Carstens-konneksie.

Abri, reeds 89 maar nog op en wakker, het my geheue verfris dat hy self ‘n kranige trekklavierspeler was, en lank met sy eie orkes, die Werda-boere-orkes, op plekke soos Ladysmith en Newcastle opgetree het. Abrie het Nico in die laat veertigerjare ontmoet toe Carstens as lid van Hendrik Susan se orkes oor die lengte en breedte van Suid-Afrika konserte gehou het.

Op Newcastle is Nico een aand in 1947 op ‘n konsert wat Abrie bygewoon het, voorgestel as die nuwe trekklavierspeler van Susan se orkes, en Carstens het losgetrek met ‘n keurspel Strausswalse. Abrie het onmiddellik besef hierdie man, toe slegs 21 jaar oud, was van internasionale gehalte.

Hierna het Abrie sy eie orkes begin, en het hy by Nico toestemming gekry om Carstens se komposisie Werda as die orkes se kenwysie te gebruik. Hy het Abrie die bladmusiek gestuur saam met ‘n persoonlike brief in sy eie handskrif, wat Abrie nou nog het.

Hy het later ook die temamusiek vir die radioprogram Bog met Bloumaandag gratis aangestuur, tesame met die bladmusiek van nog Carstens- en Anton de Waal-kompetisies, 185 van hulle. Dis vandag Boeremusiek-Afrikana, en is in Abrie se besit.

Abrie onthou sy orkes het Nico se nuwe komposisie Hasie een aand op Ladysmith gespeel, en dit was baie gewild onder die gehoor. Hy het Nico laat weet hier kom ‘n ding en Al Debbo se weergawe was later wel ‘n top-treffer. Abrie, wat reeds op die Hoër-Volkskool op Heidelberg klavier en later trekklavier leer speel het, sê hoewel daar baie ander top-akkordionspelers oor die jare in Suid-Afrika was, was Carstens enig in sy soort en met ‘n eie styl.

Terug in my kantoor het ek ‘n artikel van Willemien Froneman in Beeld oor Carstens se lewe en werk, waarop Abrie my aandag gevestig het, gelees. Talle herinneringe het teruggekom. Soos sy baie huwelike.

My pa het altyd gesê Carstens het vroue ingeruil vir nuwes soos ander mans hul motors vervang het. Nico was sewe keer getroud, het vyf kinders gehad van wie een oorlede is.

Ingrid Howard, wat by was toe Carstens verlede Dinsdag op 90-jarige ouderdom in Kaapstad oorlede is, vertel hy het sy musiek Carstensmusiek genoem, nie boeremusiek nie.

Volgens Howard “kon Carstens vrek oor ‘n mooi vrou en spoggerige motors. Hy was mal oor Cadillacs”. Die musikant Schalk Joubert vertel in Froneman se berig van Carstens en Jurie Wessels wat ‘n pap band gekry het. “Nico het Jurie gevra of hy iets van motors af weet. Toe Jurie nee sê, het Carstens geantwoord dat hulle dan maar ‘n ander motor moet gaan koop.”

Froneman wys daarop dat Carstens inderdaad Suid-Afrika se eerste musikant- ‘celebrity’ was. Hy het oor die jare baie, baie geld verdien, (van 1953-58 is meer as ‘n miljoen van sy plate verkoop). Hy is oor meer as 20 jaar gereeld oor die radio gehoor, en was as komponis ‘n internasionale sukses met toptreffers soos Zambezi. Daar was talle ander soos, Ek Ry met die Trein, Rickshaw Boy, Fanagalo, net te veel om hier op te noem.

Internasionale kunstenaars soos Eddie Calvert en Bert Kaempfert het internasionale treffers met van sy nommers gehad.

In die sewentigerjare het dinge moeiliker geraak agv. die koms van TV en ander veranderinge, en het sy optrede drasties afgeneem. Hy het hom meer toegelê op komposisies.

In die negentigs het hy met kunstenaars soos Ray Phiri saamgewerk en hulle het saam opgetree by die inhuldiging van President Mandela. Hy het sy laaste jare in ‘n tehuis naby sy kinders gebly, en sy gesondheid het van Mei vanjaar af kwaai agteruitgegaan.

Carstens was inderdaad ‘n pionieer van die Afrikaanse musiekbedryf. Hy het ‘n reuse-nalatenskap.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.