Nog een van die huishoudelike name aan die Suidkus

2015-11-26 06:00
Franciss en Louis Hans- meyer, ou bekendes op die Suidkus. Foto: johan pretorius

Franciss en Louis Hans- meyer, ou bekendes op die Suidkus. Foto: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOOS op ander plekke in die land, is daar mense wie se name ‘deel van die omgewing’ is. Hier aan die Suidkus van KZN is een van hulle die prokureur Louis Hansmeyer van Margate, nou self feitlik afgetree maar ‘hou nog steeds sy hand oor’ sy bekende en suksesvolle prokureursfirma.

Hy het streng opdrag van sy dokter ‘om geen stres te vat nie’.

Hy bestuur, sê hy, en deel nou werk aan ander mense in sy praktyk uit, nadat hy vroeër self voltyds betrokke was. Die 61-jarige Louis en sy vrou Franciss geniet die lewe, veral na sy gesondheid onlangs ‘n knou gekry het met ‘n ernstige hart-probleem waarvoor hy ‘n pas-aangeër moes kry. Hy gaan nog in die oggende kantoor toe, en as stokperdjie is hy deesdae aktief op verskillende aandelebeurse.

Hy is in Pietermaritzburg gebore, maar Louis is ‘n oud-Affie van Pretoria, soos almal weet, een van die beste skole in die land, en natuurlik die teelaarde vir Blou Bul-ondersteuners.

Louis was self ‘n goeie rugbyspeler, en ‘n Noord-Transvaler in murg en been, voordat hy ‘n Shark geword het. Deesdae het sy liefde vir die Sharks verflou, en vanjaar was die Leeus sy gunstelingspan. Louis het in 1972 matriek geskryf, sy militêre diens die volgende jaar gedoen, van 1974 tot 1976 ‘n B Com-graad aan Tukkies verwerf, en in 1979 sy LLB klaargemaak. Hy het daarna in Johannesburg as prokureur gepraktiseer.

In 1983 het hy besluit om Suidkus toe te kom, hier waar hy as kind vakansie gehou en lekker tye gehad het. Hy het in Port Shepstone ‘n praktyk begin, ‘n huis sonder geld gekoop’, en ‘n “derde-party-spesialis” geword. Hy het naam gemaak met sy hantering van eise wat gespruit het uit lewensverlies in twee bus-ongelukke.

Sy groot deurbraak het gekom toe hy ‘n seun met die naam Johnny Niemand verteenwoordig het in ‘n eis teen die Staat nadat Johnny gewond en verlam gelaat is in ‘n ongeluk tydens ‘n skiet-oefening by die Hoërskool Suid-Natal. Hy het die lang, uitgerekte saak uiteindelik gewen en die destydse groot bedrag van R1.4 miljoen is aan sy kliënt uitbetaal. Dit het hom “op die map gesit”.

In 1993 het hy Margate toe gekom, en stelselmatig minder litigasiewerk en meer akte-transaksies gehanteer. Een van die sake wat hom 11 jaar lank besig gehou (en gefrustreer het) het was die sg. Turnbull-Jacksonsaak wat uiteindelik in die Grondwethof geëindig het in ‘n oorwinning vir sy kliënt, alles oor die ‘versperring van die klaers se uitsig’ in Ramsgate.

In ‘n interessante episode in sy lewe het sy pad gekruis met die huidige Munisipale Bestuurder van die Hibiskuskus-munisipaliteit, Max Mbili. Louis was in 1983 besig om gras te sny toe die 13-jarige Max hom nader. Max, ‘n weeskind nadat albei sy ouers in die geweld tussen die IFP en ANC vermoor is, het hom gevra om hom in diens te neem. “Hoe kan jy as prokureur jou eie gras sny?” het hy gevra.

Hy het van hierdie jong seun gehou … intelligent, welsprekend, polities hiper-bewus en ondersteuner van die ANC. Louis het hom as tuinier in diens geneem, verblyf gegee, en Max het in inderwaarheid hul huis grootgeword. Hy het hom finansieël met sy skoolstudies bygestaan, Max het vlot Afrikaans leer praat, en dit was vir Louis duidelik dat hy bestem was vir groter dinge.

In sy laat tienerjare het die veiligheidspolisie hom een aand om middernag kom haal en goed verniel ”omdat hy met ondermynende bedrywighede besig was”. Destyds het die IFP en die SAP nou saamgewerk, en was Max ‘n vurige anti-IFP aktivis. Omdat Max Afrikaans goed kon verstaan, het hy gehoor hoe die polisiemanne (vermoedelik van die destydse spesialis-eenheid, die Burgerlike Samewerkingsburo, onder mekaar redeneer of hulle hom moes doodmaak.

Uiteindelik het hulle besef hy bly by ‘n prokureur wat probleme kon veroorsaak, en die besluit was “kom ons moer hom goed en gaan laai hom af.” Louis sê die jong man was “goed opgefoeter”, en hy moes hom later nog verskeie kere gaan verdedig teen spreekwoordelike “trumped-up charges”.

Max het besluit om eerder Durban toe te verhuis, waar Louis hom met sy studies gehelp het. Max het ‘n wiskunde-onderwyser en later hoof van die FET – college in Pinetown geword.

Vandag is hy die uiters suksesvolle bestuurder van die Hibiskuskus-munisipaliteit, en steeds ‘n goeie vriend van Louis.

Louis was in ‘n stadium lank voorsitter van die Nasionale Party-tak, betrokke by die NG Kerk en by ander organisasies soos die sportklub Douglas Mitchell.

“Jy weet mos hoe dit werk. Indien jy ‘n prokureur is, wil almal hê jy moet voorsitter van hulle organisasie wees.” Sy leuse in die lewe? “Absolute eerlikheid.”

In ons beroep moet jy eerlik wees. En wat jy doen, moet jy goed doen...dan kom ander werk na jou toe.” Hy het twee dogters, die 20-jarige Kimberlie wat B.Com op Tukkies studeer, en Louise (31), ‘n prokureur in Johannesburg.

Louis se pa was Nico Hansmeyer, die destydse hoog-aangeskrewe Kommissaris-Generaal van die tuisland KwaZulu, en groot vertroueling van IFP-leier Mangosuthu Buthelezi.

“In my kinderjare het ons baie van een plek na die ander getrek. My pa was aanvanklik ‘n landdros, en hy is gereeld verplaas.”

Louis en Franciss het pas teruggekom van ‘n reis na Brittanje.

Rustigheid is nou hul prioriteit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.