Nuwe bangmaak-siekte – die Zika-virus

2016-02-04 06:00
PHOTO: verskaf Babas word met misvormde koppe en ander liggaamsdele gebore.

PHOTO: verskaf Babas word met misvormde koppe en ander liggaamsdele gebore.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JOHAN PRETORIUS

KORT op die hakke van die onlangse Ebola-uitbrake in Afrika, kom die nuus dat ‘n sestigjarige virus nuwe lewe gekry het en soos ‘n veldbrand versprei. Hoewel dit nie dodelik vir mense is nie, het dit volgens alle aanduidings ‘n skrikwekkende uitwerking op swanger vroue - hul babas word met misvormde koppe en ander liggaamsdele gebore. Die virus se naam is Zika, en is op die oomblik besig om mense in Brasilië en omliggende lande vreesbevange te maak. Soos malaria, word dit deur muskiete versprei.

Die Nasionale Instituut vir Aanmeldbare Siektes sê daar is nog nooit ‘n Zika-geval in Suid-Afrika aangemeld nie, maar waarsku swanger vroue om nie na die Amerikas te reis nie, want die virus is besig om blitsvinnig daar te versprei. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie het verlede week aangekondig die virus is besig om “plofbaar te versprei” en kan binnekort vyf-miljoen mense in die Amerikas besmet. Vroue in die betrokke lande is gewaarsku om nie nou swanger te raak nie, want alle aanduidings is dat dit ernstige geboortedefekte by babas veroorsaak, veral abnormal klein koppe en verwronge gelaatstrekke. ‘n Woordvoerder van die WGO het verklaar die muskiet-oordraagbare siekte het binne ‘n ommesientjie van ‘n matige bedreiging tot ‘n uiters ernstige probleem ontwikkel. Die virus is verlede jaar in die Amerikas waargeneem, en het so vinnig versprei dat gevalle reeds in 23 lande en gebiede aangemeld is. Die WGO werp nou alles in die stryd om dit in bedwang te hou. Hoewel daar nog nie wetenskaplike bewyse is dat die siekte geboortedefekte veroorsaak nie, dui alles daarop, en gaan die WGO onmiddellik optree.

Daar is geen entstof of behandeling vir Zika nie, wat soos dengue, matige koors, rooi oë, spier- en hoofpyn, en vel-uitslag veroorsaak. Daar word beraam dat 80% van die mense wat besmet is, geen simptome toon nie. Die hoof-strategie om die siekte te beveg, is om mense teen Aedes-muskiete te beskerm, en om muskiet-bevolkings uit te roei.

Die WGO beraam ook dat ‘n veilige entstof minstens ‘n jaar gaan neem om te ontwikkel, en dat dit ses tot nege maande kan neem net om wetenskaplik te bevestig dat die siekte die geboortedefekte veroorsaak. In Brasilië alleen, is daar reeds sowat vier-duisend gevalle van mikrocephaly reeds aangemeld, en die voorspelling is dat drie- en vier-miljoen gevalle van Zika binne die afsienbare toekoms in die Amerikas aangemeld gaan word indien die siekte nie gekeer word nie. Omdat Brasilië later vanjaar die Olimpiese Spele aanbied, is daar buitengewone kommer oor die situasie, veral omdat 31 Amerikaanse burgers wat na Suid-Amerika gereis het, die siekte opgedoen het.

Die Zika-virus is in 1947 die eerste keer in ‘n Rhesus-aap in die Zika-woud van Uganda geïsoleer en in muskiete in dieselfde woud in 1948, en in mense in Nigerië in 1954. Zika is endemies in dele van Afrika en Asië, en is die eerste keer in die Suidelike Stile-oseaangebied geïdentifiseer. Daar is aanduidings dat Zika van mens tot mens met bloed-oortappings of geslags-omgang oorgedra kan word, maar dis blykbaar baie raar.

Hoe dit ookal sy, Zika gaan in die komende maande in die nuus-hooftrekke bly. Hoewel die siekte nie dodelik is of ernstige ongemak veroorsaak nie, is die potensiële uitwerking op ongebore babas enorm en tragies.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.