Nuwe veldtog ter bevordering van Afrikaans

2017-09-21 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE redakteur van Afrikaans.com, Ingrid Erlank, het die volgende inligting gestuur oor ‘n nuwe reklameveldtog ter bevordering van Afrikaans, naamlik Afrikaans.com#onmisbaar, aan die Fever gestuur.

Me. Erlank vra mense of hull al daaran gedink het wat van Afrikaans vir hulle #onmisbaar is.

Sewe miljoen mense in die land praat en leef Afrikaans, ‘n taal wat op eie bodem tot stand gekom het – eie goed wat gegroei en ontwikkel het tot a akademiese taal waardeur die sprekers internasionaal presteer en plaaslik floreer. Sy sê Afrikaans.com kan nie ‘n Suid-Afrika sonder hierdie taal indink nie, en “daarom beskou ons Afrikaans as #onmisbaar, en beklemtoon ons die belangrikheid van die taal en sy sprekers in ons nuwe advertensieveldtog”.

Daarom kan Afrikaanssprekendes oor die volgende aantal maande uitsien na ‘n interessante veldtog wat ondersteun word met feitelike inligting op Afrikaans.com en in die media oor die waarde van Afrikaans tov onderrig, kultuur en die ekonomiese bydrae.

Die nuwe reklameveldtog van Afrikaans.com beoog om Suid-Afrikaners olpnuut bewus te maak van die waarde en nut van Afrikaans vir verskillende mense, sektore, eko-sisteme en hulself.

Ook om ‘n bewustheid te skep van die impak van Afrikaans met spesifieke fokus op moedertaalonderrig, sy sprekers se leefwêreld, die uniekheid van die kultuurlewe en die prestasie en selfwaarde van die sprekers van die taal, en om die publiek aan te moedig om Afrikaans nie net te verken en te vier nie, maar om ook eienaarskap te neem en dit op te pas!

Ingrid Erlank wys daarop die eerste suksesvolle veldtog van www.afrikaans.com het die publiek bewus gemaak van die kleurvolheid en diversiteit van die Afrikaanse landskap met betrekking tot die unieke manier waarop die taal gepraat en geleef word.

Die tweede veldtog, wat eersdaags op buitelugborde, gedrukte media en die radio is, kommunikeer op ‘n ernstiger noot die effek wat dit sal hê as Afrikaans nie meer so toeganklik en bekombaar is soos wat dit tans is nie.

Die advertensieveldtog doen ‘n beroep op digitale deelname deur mense uit te nooi om met die hutsmerk #onmisbaar te vertel waarom Afrikaans binne sy/haar konteks en ervaringswêreld onmisbaar is.

Milanie Vosloo, projekbestuurder van Veldtog Afrikaans, verklaar: “Soos met die eerste veldtog: hoe lyk jou Afrikaans?, moedig ons mense aan om na te dink: wat sal ek mis en verloor as Afrikaans nie meer daar is nie? Wat sal gebeur as my kinders nie meer Afrikaanse onderrig ontvang nie? Wat kan ék doen om die taal te koester?” Afrikaans ís onmisbaar. Veldtog #onmisbaar is ‘n belangrike bousteen in die bewustheid daarvan.

KYK GERUS NA DIE VOLGENDE LUSMAKERS OOR DIE ONMISBAARHEID VAN AFRIKAANS:

https://www.youtube.com/watch?v=y1zbfZTm27A

https://www.youtube.com/watch?v=gcWPGmK5ZZM

https://www.youtube.com/watch?v=b3hA7bDG7GI

http://www.afrikaans.com/news-headlines/onmisbaar/afrikaans-pas-dit-op

Vir meer inligting of navrae, stuur ‘n e-pos aan: Ingrid Erlank, Redakteur: afrikaans.com E-pos: ingrid@afrikaans.com

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.