Nuwejaarsvieringe – vanwaar en waarom?

2017-01-12 06:02

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TWEE weke gelede op Nuwejaarsdag toe ek die mensdom rondom my en op TV gadeslaan, en sien hoe hulle hulleself op Oujaarsaand verwoes het, het ek gewonder waar alles begin het.

Volgens verskeie betroubare internet-bronne het is die viering van nuwe jaar op 1 Januarie ‘n relatief nuwe fenomeen. Die eerste viering van die koms van ‘n nuwe jaar was in Mesopotamië (Irak) in die omgewing van

2 000 jaar VC, en dit het saamgeval met die lente-nagewening in die middel van Maart. Die Egiptenare, Fenisiërs en Perse het hul nuwe jaar begin met die herfs-nagewening, en die Grieke het dit tydens die winter-sonstilstand gevier. Die bronne het nie verduidelik hoe hierdie antieke beskawings van hierdie dinge geweet het nie, maar kom ons aanvaar hulle het.

In die vroeë Romeinse kalender was 1 Maart die begin van die nuwe jaar. In daardie stadium het die kalender net tien maande gehad, waarvan die invloed nog steeds te sien is in sommige van die name van die hedendaagse maande. September tot Desember is ons negende tot twaalfde maande, maar “septem”, “octem”, “novem” en “decem” is die getalle sewe tot 10 in Latyn.

Die verandering het in 700 VC begin toe die tweede koning van Rome, Numa Pontilius, die maande Januarie en Februarie by die kalender gevoeg het. Die nuwe jaar het dus van Maart tot Januarie verskuif. Die nuwe jaar is die eerste keer op 1 Januarie in Rome in 153 VC gevier, maar ten spyte van die verskuiwing, is die nuwe jaar nog geruime tyd daarna op verskeie plekke in die wêreld op 1 Maart gevier.

In 46 VC het Julius Caesar ‘n nuwe kalender laat “ontwerp”, die Juliaanse kalender, gegrond op die bewegings van die son en ‘n groot verbetering op die antieke Romeinse kalender wat op die posisies van die maan gebaseer en uiters onakkuraat was. Die dae van die jaar is tot 445 vermeerder, die sg. annus confusionis, maar na hierdie verwarrende 15 maande is die Juliaanse kalender terugverander na 12 maande, en is bepaal dat die nuwe jaar op 1 Januarie gevier word.

In Middeleeuse Europa is die feesviering wat die nuwe jaar ingelui het, egter as heidens en on-Christelik beskou, en in 567 het die sg. Raad van Tours 1 Januarie as die viering van die nuwe jaar afgeskaf.

Op verskeie plekke en tye dwarsdeur die Middeleeuse Christen-Europa is die nuwe jaar op 25 Desember gevier, saam met die geboorte van Jesus, die sg. Maria-boodskap op 1 Maart, en die Paasfees op 25 Maart.

In 1582 het Pous Gregorius die viering van nuwe jaar op 1 Januarie heringestel ingevolge die Gregoriaanse kalender, wat ons vandag nog het, waarvolgens die jaar 365 dae sou hê.

Verskeie ander veranderings is aangebring, onder meer die bepalings van skrikkeljare, maar dis te veel en ingewikkeld om hier te noem.

Hoewel die meeste Katolieke lande die Gregoriaanse kalender feitlik onmiddellik aanvaar het, is dit meer geleidelik deur die Protestantse lande gedoen.

Die Britte het die veranderde kalender bv. eers in 1752 aanvaar. Tot op daardie tydstip het die Britse ryk, en sy Amerikaanse kolonies, die koms van die nuwe jaar steeds op 1 Maart gevier.

Die hele proses het 300 jaar geduur, en die laaste land wat oorgeskakel het was Griekeland in 1923.

Iemand moet nog net vir my verduidelik waarom ‘n groot deel van die mensdom, insluitend Suid-Afrikaners, dit nodig vind om hulleself op Oujaarsaand (hoofsaaklik met drank) te verwoes met die ydele hoop dat dinge die volgende dag gaan verander.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.